Forum 2.0

Ons het nou al tientalle van God se Name bespreek wat met Elohim (of sy variasies El, Elohe en Elah) kombineer. Dit is dikwels antieke name, uit die tyd van die aartsvaders. Die volgende sewe is veral waardevol om te onthou:

  1. El Shaddai – die Almagtige God. Shaddai sal jou beskerm, wat ook al gebeur.
  2. El Eljon – die Allerhoogste God. Eljon is jou toevlug, jou veilige vesting.
  3. El Olam – die Ewige God. Olam belowe om by jou te bly, vir altyd en altyd.
  4. El Echad – die Enige God. God is één – en daar mag net Een wees in jou lewe.
  5. El Kanna – die Jaloerse God. God vra jou volle toewyding, jou hele hart!
  6. El Gibbor – die Sterke God. God sal jou die krag gee vir elke uitdaging.
  7. El Roï – die God wat sien. God weet van jou, Hy ken jou – en Hy sal sorg.

Druk gerus hierdie name uit en plak dit iewers op. Een manier om hulle te onthou, is om deur hulle te bid. Hou jou gebed by die betekenis daarvan – dit sal dit vaslê.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkingskliek hier.
Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.
Om meer oor ons huidige reeks, NAAM BO ALLE NAME, te lees, kliek hier
© 2019 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com


You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –