Forum 2.0

3992 Die betekenis van die Naam

14 God sê toe vir Moses: "Ek Is Wie Ek Is." Hy sê toe ook: "So moet jy vir die Israeliete antwoord, 'Ek Is het my na julle gestuur.'" Eks 3:14 BDV

By die brandende bos vra Moses na God se Naam. Dan hoor hy hierdie woorde: EHJEH ASHER EHJEH. Dit beteken “Ek is Wat Ek is”, gebaseer op die Hebreeuse woord vir “is”. Waar God van Homself sê, “Ek is” (ehjeh), sê sy volk egter van Hom: “Hy is” (jahweh). Die Hebreeuse woord vir “is” dui egter nie net op ‘n passiewe “bestaan” nie, maar op aktief iets “wees”. Daarom beteken God se Naam ook: “Ek sal wees Wat Ek sal wees”, “Ek sal wees Wat Ek is” of “Ek sal word Wat Ek sal word”.

So – dis al wat ons het oor God se Naam: dat Hy is, dat Hy was en altyd sal wees. Dis waar ons kennis van God begin, dat HY ‘n feit is, ‘n realiteit. Die Bybel probeer nooit om Hom te bewys nie en die wetenskap kán Hom nie bewys nie. Ons kan Hom bloot glo – of ook nie. Twyfel jy soms? Hoor dan weer wat God vandag sê: “Ek IS...”

God-wat-is, ek aanvaar dat U is en dat U ‘n beloner is van die wat U soek. Ek soek U, Here, met my hele hart. Openbaar Uself aan my – wees die God van my lewe! Amen.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkingskliek hier.
Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.
Om meer oor ons huidige reeks, NAAM BO ALLE NAME, te lees, kliek hier
© 2019 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –