Forum 2.0

3996 Jah – my krag en psalm

2 My krag en sterkte is die HERE, en Hy was my redding. Hy is my God, en Hom sal ek loof, die God van my vader, en Hom sal ek verheerlik. Eks 15:2 BDV

God se Naam Jahwe kom ook in ‘n verkorte vorm voor, naamlik Jah. Ons vind hierdie variasie omtrent vyftig keer in die Bybel, veral in kombinasie met ander woorde, bv. die bekende hallelu-JAH, wat "prys Jah" beteken. In hierdie verse, een van die oudste liedere wat ons ken, sien ons hoe Moses Jah prys as sy “krag en psalm”. Jah het sy “heil” of verlossing geword, toe Hy die volk veilig deur die Rooi See gelei het. Daarom moet Jah geloof word!

Wel, waarvoor wag jy? Prys Jah! Die HERE het jou ook al deur diep waters gelei, deur nou engtes, steil opdraandes. Die HERE het jou die krag vir baie dinge gegee, laat die HERE dus nou jou lied word, jou psalm! Wat is lofprysing? Lof is om God te roem, om met vreugde sy deugde en sy werke te besing, te verkondig, te bid, te skryf, te getuig. Maak die HERE se lof bekend, want Hy is dit waardig. Hallelu-JAH!

Ja, HERE God, U is al my lof en prys werd. Na u wese en na u werke is U ‘n wonderlike God. Prys u Naam – halleluja! Amen!

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkingskliek hier.
Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.
Om meer oor ons huidige reeks, NAAM BO ALLE NAME, te lees, kliek hier
© 2019 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –