Forum 2.0

4003 ‘n Gesprek met die Skepper

28 Weet jy dit nie? Het jy dit nie gehoor nie? 'n Ewige God is die HERE, Skepper van die eindes van die aarde. Hy word nie moeg nie, Hy raak nie afgemat nie - ondeurgrondelik is sy insig. Jes. 40:28 BDV

Jesaja beskryf die Here hier as ‘n “Ewige God” (Elohim Olam) en as “die HERE, die Skepper” (Jahweh Bara). Hý is die Skepper “van die eindes van die aarde”. Daarmee vul die Here die dimensies van tyd (tot in ewigheid) en van ruimte (tot by die verste plekke). Hy is alomteenwoordig, ín alles en deel van alles. Hy kan nie ontsnap word nie! Of ons aan Hom glo of nie, Hy is teenwoordig. Of die wetenskap Hom kan bewys of nie, Hy is die realiteit van miljoene. ‘n Ontelbare skare maak vandag op Hom staat vir krag en leiding en sin.

Ja, ons glo aan Jahweh Bara, die Skepper van die hemel en die aarde – ons Skepper, my en jou Skepper. Ons glo dat ons almal, iewers vorentoe, ons Maker gaan ontmoet. Ons glo dat ons op daardie dag die eerlikste gesprek van ons lewe sal voer, waarna die Skepper sy beslissing sal fel. O, maak Hom nou reeds jou Vader, jou Vriend, jou Verlosser!

Skepper Heer, dankie vir die voorreg van die lewe. Ek bid dat my lewe U sal eer, dat u skeppingsdoel in my vervul sal word. Dankie dat U deur Jesus Christus ook die Verlosser en Here van my lewe geword het. Amen.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkingskliek hier.
Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.
Om meer oor ons huidige reeks, NAAM BO ALLE NAME, te lees, kliek hier
© 2019 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –