Forum 2.0

4014 Wat reg is vir die Regter

27 Ek is nie die een wat 'n misstap teenoor jou begaan het nie, maar jy is die een wat my 'n onreg aandoen deur teen my oorlog te voer. Die HERE, die Regter, sal vandag tussen die Israeliete en die Ammoniete beslis. Rig.11:27 BDV

Nadat die Israeliete in Kanaän ingetrek het, was dinge vir lank chaoties. Hulle was verdeeld, het met die Kanaäniete ondertrou en het die plaaslike afgode aanbid. Nou en dan het ‘n “rigter” opgestaan om hulle te verenig of ‘n vyand te verdryf, soos Jefta hier. Toe hy teen die Ammoniete gaan veg het, was hy seker dat Israel se saak reg is en dat Jahweh Hashopet, die “HERE, die Regter”, in hulle guns sal beslis wat die oorlog betref. En so was dit ook.

In ons wêreld is ons dikwels onseker oor reg en verkeerd, waar of vals, goed of sleg. Ons weet nie meer wat die Regter se wil is nie! Kry duidelikheid daaroor, want daar ís nog absolutes oor. Laat die Woord jou bron wees, nie die wêreld nie. As jy dan met chaos gekonfronteer word, kan jy opstaan en sê wat God se wil is, wat die goeie en regte pad is. Staan by wat reg is en jy sal sien dat die Regter jou dade bevestig!

Regverdige Regter, leer my wat reg en verkeerd is. Help my onderskei waarop dit aankom. Laat my prioriteite duidelik en ferm wees – laat dit ú prioriteite weerspieël! Amen.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkingskliek hier.
Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.
Om meer oor ons huidige reeks, NAAM BO ALLE NAME, te lees, kliek hier
© 2019 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

1699359894?profile=RESIZE_710x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –