Forum 2.0

4015 God glo in jou

12 Die Engel van die HERE het aan hom verskyn en vir hom gesê: "Die HERE is met jou, dapper kryger!" Rig. 6:12 BDV

Die “Engel van die HERE” – ‘n manifestasie van God self – verskyn hier aan Gideon. Hy roep hom om die Israeliete in hulle stryd teen die Midianiete te lei. Dis mooi dat Hy Gideon, wat juis in ‘n parskuip weggekruip het, ‘n “dapper held” noem! Hy sê vir hom Jahweh ‘Immeku, die “HERE is met jou”. Uiteindelik het Gideon opgeleef tot hoe God hom sien en ‘n groot held geword.

Dis belangrik dat ons mense sal hanteer na hulle potensiaal. “Behandel iemand soos hy kan wees en hy sal dit word; behandel hom soos hy is en hy sal so bly”. Mense leef meestal op tot ons verwagting, veral kinders. Hanteer hulle dus met respek, asof hulle ouer is as wat hulle is. Verseker hulle van hul potensiaal, hul toekoms. Dis presies soos die Here ons hanteer! Ten spyte van ons sondigheid noem Hy ons kinders, vriende, heiliges, uitverkorenes, geliefdes. Hoe mooi! Dit maak dat ons al daardie dinge WIL wees. En ons kan, want Hy is met ons!

Dankie, Here, dat U met my is. Dankie dat U glo dat ek soveel meer kan wees as wat ek tans is – dat U in my glo! Dankie dat U my in staat stel om dít te word. Amen.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkingskliek hier.
Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.
Om meer oor ons huidige reeks, NAAM BO ALLE NAME, te lees, kliek hier
© 2019 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

1699359894?profile=RESIZE_710x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –