Forum 2.0

4018 Heeltemal heel

26 Hy het gesê: "As jy noukeurig luister na die stem van die HERE jou God, doen wat reg is in sy oë, aandag gee aan sy gebooie en al sy vaste voorskrifte nakom, dan sal Ek nie een van die siektes wat Ek op die Egiptenare gelaai het, oor jou bring nie; want Ek is die HERE wat jou gesond maak." Eks. 15:26 BDV

Nadat die Israeliete deur die Rooi See gelei is, het hulle God geprys met tamboeryne en sang. Daarna is hulle reguit die woestyn in, Kanaän toe! Net daar het dinge begin skeefloop, want na drie dae was hulle water op. By Mara aangekom, was die water bitter, waaroor hulle toe vreeslik gekla het. Sommige wou terug Egipte toe – na net drie dae! Die Here waarsku hulle toe dat hul pas ‘n toets gedruip het. Hulle was nou in die woestyn. Daar sal nie altyd wonderwerke wees nie. As hulle Hom egter getrou dien, as hul eerste belang, sal hulle gesond bly, want Hy is Jahweh Rafa, die “HERE wat jou genees”.

In die Bybel is gesondheid ‘n breë konsep, wat liggaam, siel en gees insluit, asook ‘n verhouding met God. Ons wil dikwels maar net die liggaam genees hê en aanbeweeg, maar die Here wil ons hééltemal gesond sien, hééltemal heel, hééltemal wel. Dis belangriker! Om die Here te dien is die begin van dáárdie heelheid, daardie wel-wees!

Jahweh Rafa, dankie dat U my genees na liggaam, siel en gees. Bring my lewe in harmonie met U en harmonie met myself. Help my om geheel en al op U te fokus. Ek vertrou U ook vir my liggaam vandag. In Jesus’ Naam. Amen.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkingskliek hier.
Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.
Om meer oor ons huidige reeks, NAAM BO ALLE NAME, te lees, kliek hier
© 2019 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

1699359894?profile=RESIZE_710x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –