Forum 2.0

4019 Wanneer die wonder gebeur

2 Ek moet die HERE prys en nie een van sy weldade vergeet nie. 3 Dit is Hy wat al my sondeskuld vergewe, wat al my siektes genees; 4 wat my lewe vrykoop van die graf, my kroon met troue liefde en ontferming; 5 wat, solank ek daar is, my versadig met die goeie, sodat my jeug homself vernuwe soos 'n arend. Psalm 103:2-5 BDV

God maak Homself bekend as Jahweh Rafa (of Rofeka), die “HERE wat jou genees”. In die Bybel is “genesing” en “redding” dikwels dieselfde konsep en dieselfde woord. Ons word byvoorbeeld ook van ons sonde “genees”. Die Skrifkonsep van gesondheid is insluitend, “holisties”. Dit sluit liggaam, siel en gees in, asook ons verhoudings: met God, ander en myself. Dis om genoeg te hê, om vrede te hê, om geseënd te wees in die Here.

Maak die Here dan nie spesifiek ons liggame ook gesond nie? Genees Hy nie ook gewone siektes nie? Hy doen! Tientalle mense getuig van genesing in antwoord op gebed – nie voorgee-genesing nie, werklike genesing wat ‘n dokter kan bevestig. Vra die Here opreg om jou gesond te maak. Luister, daar is nie ‘n formule nie. Jy hoef nie op een of ander manier te glo nie. Om te vra is reeds genoeg mosterdsaad-geloof. Bid dus voort of laat vir jou bid. Dis wat kinders van die Here doen. Jy weet nie wanneer die wonder gebeur nie!

Dankie Here, vir al u weldade: dat U my vergewe, genees en herstel. Dankie dat U my versadig met die goeie, dankie vir u troue liefde. Ek bid vandag ook vir my liggaam. Doen vandag vir my ‘n wonder, in Jesus’ Naam! Ek het dit so nodig. Net U kan dit doen! Amen.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkingskliek hier.
Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.
Om meer oor ons huidige reeks, NAAM BO ALLE NAME, te lees, kliek hier
© 2019 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

1699359894?profile=RESIZE_710x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –