Forum 2.0

4020 Is jy verneder?

3 Baie sê van my: "By God is daar vir hom geen redding nie.” Sela. 4 Maar U, HERE, is 'n skild rondom my, my eer, en die een wat my kop hoog hou. Psalm 3:3-4 BDV

Dawid se seun, Absalom, wou self koning word en het met ‘n leërmag die hoofstad aangeval. Dawid moes vlug. Huilend en kaalvoet het hy die stad verlaat, die woestyn in. Wat ‘n vernedering! Toe Absalom oorneem, het hy openlik met die byvroue wat Dawid agtergelaat het omgang gehad – net om hom verder te verneder. In ‘n wêreld waarin eer belangriker geag is as geld, was dit die ergste skande. In hierdie omstandighede skryf Dawid dan hierdie lied. Ten spyte van sy oneer bly God Jahweh Kabodhi, die “HERE, my eer”, die een wat sy kop hoog hou.

Is jy verneder? Beleef jy skande? Werk konstruktief daarmee. Leer ‘n les, jy het immers duur daarvoor betaal! Doen wat jy kan om dinge reg te maak: vra vergiffenis, doen restitusie. Wees absoluut oop, eerlik en opreg. Kry ook die Here se vergiffenis. As jy gedoen het wat jy kon, kan jy jou kop weer oplig. Almal maak foute. Vind jou eer terug in die Here, wat jou steeds hoog ag!

Dankie, Here, dat U my liefhet, vergewe en oprig. Dankie dat ek vir U kosbaar en waardevol is. Ek wil nie langer skaam wees nie, ek wil in u Naam ‘n nuwe begin maak. Ek wil my kop optel en die wêreld vierkantig in die oë kyk. Herstel my eer! Amen.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkingskliek hier.
Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.
Om meer oor ons huidige reeks, NAAM BO ALLE NAME, te lees, kliek hier
© 2019 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

1699359894?profile=RESIZE_710x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –