Forum 2.0

4021 Vir U alleen

13 Hulle altare moet julle egter afbreek, hulle gedenkstene moet julle stukkend slaan, hulle asjeras moet julle afkap, 14 want jy mag nie voor 'n ander god in aanbidding buig nie, omdat die HERE wie se Naam "besitlik" is, 'n besitlike God is. Eks. 34:13-14 BDV

Hier noem God Homself Jahweh Kanna, die “HERE wat jaloers is”. Ons het gesê dat Hy nie op ons onvolwasse manier jaloers is nie, maar dat Hy “besitlik” is in die sin dat Hy van sy bruid verwag, soos elke Bruidegom doen, om aan Hom getrou te bly. Israel het tussen die Kanaäniete gewoon en het dikwels hulle afgode aanbid. Op vele hoogtes was daar byvoorbeeld klip-pilare, wat Baäl verteenwoordig het, of houtpale, om Asjera te verteenwoordig. Hierdie “gedenkstene” en asjerim moes hulle egter omgooi of afkap.

Ongelukkig het ons ook “hoogtes” – prominensies – vir afgode in ons lewe. Ons rig ook “altare” op deurdat ons geld, tyd en moeite offer vir dinge soos ons werk, plesier of belangstellings. Kyk ‘n bietjie wat jou tyd opneem, waaraan jy geld spandeer of waarvoor jy bereid is om regtig te offer. Vergelyk dit met die rol wat die Here in jou lewe speel. Het jy te doen met ‘n afgod? Kap dit dan af, gooi dit om! Jahweh Kanna mag alleen God wees.

Heilige Here, ek bid dat daar nie afgode in my lewe sal wees nie. Wees U alleen die middelpunt van my lewe. Vir U alleen rig ek ‘n altaar van gebed en diens en toewyding op! Amen.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkingskliek hier.
Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.
Om meer oor ons huidige reeks, NAAM BO ALLE NAME, te lees, kliek hier
© 2019 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

1699359894?profile=RESIZE_710x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –