Forum 2.0

4022 Uitdagende, onkeerbare krag

3 Die HERE is my rotsvesting, my bergskuiling, my bevryder. My God is my rots by wie ek skuil, my skild en die krag van my redding, my toevlugsoord. Psalm 18:3 BDV

Ons lees weer uit hierdie psalm, waar Dawid so pragtig sy name vir God lys. Vandag onderstreep ons Jahweh Keren-Jishi, die “HERE, die horing van my heil” – hier vertaal as “die krag van my redding”. In Bybelse tye, toe mense nog daagliks met diere omring was, was horings beelde van krag, veral uitdagende en onkeerbare krag. Diere val immers aan, en verdedig hulleself, met hulle horings.

Wat beteken dit dat die Here die “krag van jou redding” is? Wel, dit beteken dat jy maar swak kan wees! Jou eie krag is nie van belang nie. Paulus sê God se krag werk ten beste in sy eie swakheid. Bely dus maar jou swakheid en afhanklikheid. Is jy moeg, afgemat, moedeloos? Erken dit maar – die Here weet dit tog reeds. Gaan dan voort in sý krag. Dit beteken om voort te gaan in volle vertroue op Hóm wat sterk is. Laat Hý dit doen! Laat Hy doen wat Hy wil! Net in Hóm is jy sterk.

Sterke God, dankie dat U my krag is, want insigself is ek swak. Dankie veral dat my redding nie in my eie hande lê nie, maar in u hande. Trek vandag vir my vooruit in u krag. Amen.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkingskliek hier.
Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.
Om meer oor ons huidige reeks, NAAM BO ALLE NAME, te lees, kliek hier
© 2019 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

1699359894?profile=RESIZE_710x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –