Forum 2.0

4023 Reis-psalm, dankie-psalm

9 Ja, U, HERE, is my skuilplek! Die Allerhoogste het jy jou woning gemaak: 10 Onheil sal jou nie tref nie en 'n plaag sal nie in jou tent kom nie, 11 want Hy sal sy engele opdrag gee om jou te beskerm op al jou paaie. Psalm 91:9-11 BDV

Hierdie pragtige psalm weergalm van God se goedheid van die begin tot die einde. Dis gepak met beloftes – geen wonder dat dit baie se gunsteling psalm is nie! Die digter noem God hier Jahweh Machsi, die “HERE is my Toevlug”. God is sy skuiling, Eljon sy woning. By Hóm kan geen onheil of plaag hom tref nie! God se engele sal al sy weë beskerm. Ja, gebruik die psalm gerus as jou gebed vir die reis, soos baie doen.

Dis egter mooi dat die Jode, en sommige kerke, hierdie psalm “terugwaarts” lees. Dit word gelees as aandgebed, as oor die dag teruggekyk word. Dis ook deel van die begrafnisdiens, as oor die lewe teruggekyk word. Dán eers kan mens werklik vir God dankie sê vir sy bewaring! Dis waar dat kinders van die Here ook ongeluk en verlies beleef – en ons het nie antwoorde vir al die vrae wat dit bring nie – maar van soveel gevare is ons wel bewaar. Soveel onheil is afgeweer. Maak hierdie ook jou dankie-psalm.

Dankie, Allerhoogste, dat U my toevlug is. Dankie dat U my van so dinge beskerm en bewaar. Dankie dat U my tot hier toe bewaar en deurgedra het. Ek weet ek kan my toekoms ook met gerustheid in u hand lê. Amen!

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkingskliek hier.
Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.
Om meer oor ons huidige reeks, NAAM BO ALLE NAME, te lees, kliek hier
© 2019 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

1585512135?profile=RESIZE_710x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –