Forum 2.0

4024 My vesting en my fort

19 HERE, my sterkte, my beskutting, my toevlugsoord in die dag van nood, na U sal nasies kom van die uithoeke van die aarde af. Hulle sal sê: "Net leuens het ons voorouers geërf - nietige afgode, en onder hulle is daar nie een wat enigiets kan bied nie." Jer. 16:19 BDV

Jeremia profeteer verdoemende dinge oor sy volk, want hulle het God se pad verlaat. Hy sê hulle sal dus nou in die hande van die vyand val, waarna God hulle weer sal herstel. Dan is dit asof Jeremia opkyk na die hemel en tot God roep. Hy noem die Here sy “sterkte”, sy “beskutting”, sy “toevlug”. Wat in hierdie vertaling as “beskutting” weergegee word, beteken letterlik “vesting, “fort”. Dis asof Jeremia in daardie goddelose tyd – toe die Judeërs vryelik afgode gedien het – toevlug soek in Jahweh Ma’oz, die “HERE, my Rotsvesting”.

Let egter op: die wêreld waarin ons leef, ons land, ons generasie, is veel meer goddeloos as in Bybelse tye. Daar is geen agting vir God nie, terwyl gelowiges bespot en geïgnoreer word. Dinge word vandag gedoen wat alle vorige generasies sou stom slaan. Ja, ons taak is om sout en lig te wees, Maar soms – as ons moeg raak vir die geweld en die onreinheid – kan ons by ons God gaan wegkruip, ons veilige vesting, ons toevlugsoord.

Dankie, Here, dat U my sterkte en my skuilplek is, my vesting, my fort. Dáár, by U, kan ek krag ontvang om weer in die wêreld te leef, om die sout en lig en suurdeeg te wees wat U van my verlang. Amen.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkingskliek hier.
Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.
Om meer oor ons huidige reeks, NAAM BO ALLE NAME, te lees,kliek hier.
© 2019 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

1585512135?profile=RESIZE_710x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –