Forum 2.0

4025 Mag daardie vrede vestig

Toe sê Gideon: "Ag, HERE, my Heer! Want nou het ek die Engel van die HERE van aangesig tot aangesig gesien!" 23 Maar die HERE sê vir hom: "Vrede vir jou! Moenie bang wees nie; jy sal nie sterf nie!" 24 Gideon het toe daar 'n altaar vir die HERE gebou en dit genoem "Die HERE is vrede". Rig. 6:22b-24a BDV

Gideon is geroep om die Israeliete van die Midianiete te bevry. Eers moes hy egter sy eie mense van hul Baäldiens bevry! Hulle was woedend toe hy hulle Baäl-altaar omgooi en Asjera se heilige paal afkap. Toe eers, egter, kon hulle die Midianiete aanpak, ‘n geweldige uitdaging, waarin die Here egter die oorwinning gee. Daarna moes hy nog vir ‘n tyd lank vrede bewerk en sy volk lei. Dit was baie moeilike tye, maar Gideon se hart was sterk. By sy roeping het God aan hom verskyn as Jahweh Shalom, die “HERE is vrede”. Daardie bewussyn, daardie vrede, het hy in sy hart saamgedra!

Mag daardie vrede ook in jou hart vestig! Mag die vrede “wat die verstand te bowe gaan” jou “hart en sinne bewaar” as alles deurmekaar raak, as daar druk is van alle kante, as die uitdagings te groot lyk. Mag dit jou in die geveg sterk hou. Soek daardie vrede, vind dit in jou hart, want dit IS daar. HY is daar – die “God van vrede”.

Jahweh Shalom, dankie dat U vir my u vrede gee. Dankie dat ek selfs in die stryd vrede kalm kan wees, sterk kan bly – doelgerig, gefokus. Help my om vanuit ‘n stil sentrum te leef. Amen.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkingskliek hier.
Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.
Om meer oor ons huidige reeks, NAAM BO ALLE NAME, te lees, kliek hier
© 2019 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

1585512135?profile=RESIZE_710x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –