Forum 2.0

4048 Soek God – en sing!

22 Dan sal ook ek U loof met harpsnare vir u getrouheid, my God; ek wil vir U speel op 'n lier, o Heilige van Israel. 23 My lippe sal jubel wanneer ek vir U speel, ja, my hele wese wat U vrygemaak het. Psalm 71:22-23 BDV

Die psalmis vra die Here se hulp, maar hy dink ook aan God se hulp deur die jare. Hy sê hy’s reeds oud en grys, maar die Here het hom nog altyd gehelp. Hierdie wete laat hom sy harp opneem, en sy lier, om vir God musiek te maak en te sing. Heel moontlik was hy ‘n Leviet, wat musiek in die heiligdom gemaak het. Daar, in God se teenwoordigheid, is hierdie instrumente gebruik in ‘n groot orkes en het ‘n koor opgetree. Nou jubel hy oor Kadosh Israel, die “Heilige van Israel”!

Die les is dit: in God se teenwoordigheid kom lofprysing vanself. Voor Hom val ons op ons knieë in aanbidding – dit kan nie anders nie! Laat ons die Heilige dus opsoek. Vind Hom in die stilte, in die natuur, in sy Woord, in jou hart – vind Hom waar jy wil, maar vind Hom! Sing dan jou lied vir Hom, maak jou musiek! Jubel dit uit in jou gedig, jou gebed, jou kunswerk!

Heilige God, dankie vir u teenwoordigheid. Ek buig inderdaad voor U vandag, in aanbidding. Ek loof en prys U vir u goedheid en getrouheid. Ek wil sing en juig, ek wil musiek maak, ek wil kuns maak, omdat U so wonderlik is. Amen!

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

Om meer oor ons huidige reeks, NAAM BO ALLE NAME, te lees, kliek hier

© 2019 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

1585512135?profile=RESIZE_710x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –