Forum 2.0

4075 Wie anders?

47 Die HERE leef! My rots moet geprys word! Die God wat die rots van my verlossing is, is verhewe! 2 Sam. 22:47 BDV

Hier in 2 Samuel vind ons ‘n lang psalm waarin Dawid die Here vir Sy verlossing prys. Hier noem hy God letterlik die “God van die Rots (van my verlossing)” – Elohe Tsur (Jeshuati). Elders in hierdie psalm sê hy “wie anders is ‘n Rots as U?” Vir Hom is daar net een God om op te vertrou!

Neem dit asseblief letterlik op. Op wie kan jy volkome staatmaak? Waarop kan jy jou lewe bou? Op die ondersteuning van mense? Wees gerus vertrouend en wees lief vir mense, maar onthou dat mense gebroke is. Nee, “moet op prinse nie vertrou nie!” Op die eer van mense? Dis ‘n nog meer wispelturige fondasie! Op jou geld of jou besittings? Geld wat vandag daar en môre weg is? Onthou, aan die einde van jou lewe sal jy alles verloor wat jy besit! Op ander gode, ander gelowe? Dis bloot dwaas! Op jouself dalk? Dan is jy werklik hoogmoedig. Nee, daar is net een Rots en dis HY, die God van jou verlossing!

Hemelse Vader, U alleen is die rots van my lewe, die stewige fondasie, die hoeksteen, die alleen-betroubare God. Verhoed, Here, dat ek op ander dinge staatmaak. My oë is op U alleen! Amen.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

Om meer oor ons huidige reeks, NAAM BO ALLE NAME, te lees, kliek hier

© 2019 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

1585512135?profile=RESIZE_710x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –