Forum 2.0

4080 In jou jong dae

1 Dink aan jou Skepper in jou jong dae, voordat die dae van teenspoed kom, en jare aanbreek waarvan jy sal sê, "Vir my is daar geen vreugde in nie". Pred. 12:1 BDV

Dis algemeen dat die Skrif God die “Skepper” noem, soos in hierdie vers. Salomo maan jongmense om aan hulle Skepper te dink voordat die ouderdom hulle inhaal. Ouer persone se opinies het dikwels verstar, terwyl ‘n jong mens se gemoed nog oop en ontvanklik is. Aan die ander kant word die nuwe generasie vandag groot in ‘n wêreld wat God verwerp. Die populêre kultuur is een van ongeloof, selfs spot. Dis moeilik om in sulke omstandighede vir die Here te kies.

Jong mense kan egter gehelp word om die Here te vind! Navorsing het bewys dat hulle op soek is na egtheid en opregtheid. Vals Christenskap – saam met alle fakeness – sal vinnig verwerp word. Die antwoord is dus duidelik: wees ‘n egte kind van God vir jongmense! Wees die bewys van ware Christenskap, laat hulle sien wat die krag en sin van geloof is. Dit gaan nie oor volmaaktheid nie; dit gaan oor egtheid. Kom ons stel dit so: dit gaan oor egte krag en egte liefde!

Hemelse Skepper, dankie dat U oor jonk en oud begaan is. Help my om ‘n egte kind van U te wees: opreg, eerlik, deursigtig, volkome verbind. Ek wil ‘n lewe leef waarin elkeen U sal sien. Help my om intensioneel in ‘n jongmens se lewe in te saai. Amen.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

Om meer oor ons huidige reeks, NAAM BO ALLE NAME, te lees, kliek hier

© 2019 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

1585512135?profile=RESIZE_710x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –