Forum 2.0

4090 Die Wetgewer en die wet

22 ...want die HERE is ons regter, die HERE is ons regeerder, die HERE is ons Koning – Hy sal ons verlos. Jes. 33:22 BDV 

Jesaja kyk vooruit na die tyd wanneer die Here Jerusalem sal herstel. Die woord waarmee hy God beskryf as Jahweh Mechokek, die “HERE ons Regeerder”, dui eerstens op ‘n skrywer, veral een wat wette skryf of uitvaardig – ‘n “wetgewer”, soos sommige Bybels vertaal. Dit herinner ons aan die feit dat God ‘n Wetgewer is en dat Hy dit ook weer sal beoordeel.

Die hele Ou Testamentiese godsdiens het neergekom op die hou van die Wet van Moses. Alhoewel ons, as nie-Joodse gelowiges, nie die wet hou soos die Jode dit doen nie, glo ons dat die essensie van God se wil nie verander het nie. Jesus som die hele wet op as liefde vir God en vir ons naaste en gee ook vir ons ‘n “nuwe wet”: dat ons mekaar sal liefhê. Dít sal ons dissipelskap bewys! Kom ons stel dit so: is jy so lief vir die Here dat jy sy wil regtig GRAAG wil doen? Is dit jou vreugde, jou doel? Dan verstaan jy die wet!

Hemelse Koning, dankie vir u wet, wat regverdig en goed is. Dit leer ons u wil en lei ons op die regte pad. Dit lei ons na liefde toe. Dit lei ons na U toe! Help my om in u wil te leef. Amen. 

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

Om meer oor ons huidige reeks, NAAM BO ALLE NAME, te lees, kliek hier

© 2019 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

1585512135?profile=RESIZE_710x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –