Forum 2.0

4094 Totdat Silo kom

10 Jy sal altyd heers, jy sal aanhou regeer totdat Silo kom, die heerser aan wie die volke hulle sal onderwerp. Gen. 49:10 NAV

Toe Jakob sy seuns seën, aan die einde van sy lewe, gee hy aan Juda ‘n voorrang bo die ander. Juda sal oor hulle regeer “tot Silo kom, die heerser aan wie die volke hulle sal onderwerp”. Silo, ‘n naam wat “rus” beteken, word meestal verstaan as ‘n verwysing na die Messias. Dawid en sy seuns, afstammelinge van Juda, het inderdaad vir baie eeue regeer. Toe Jesus kom, die Messias en “Koning van die Jode”, was Hy ook uit die stam van Juda. Die profesie is inderdaad vervul.

Let op: Jesus Christus is die een wat vir jou rus bring. Hy, Silo, is die Vredevors. In die wêreld kom oorwinning deur wroeging en stryd, maar in die koninkryk van God lê oorwinning in stil word en rus, in oorgawe en vertroue. Ons rus in Gód se oorwinning! Moet dus nie onrustig of beswaard wees nie. Betree eerder die stilte van God se teenwoordigheid. Sit kalm by Hom. Ontspan by Hom. Vertrou Hom. Hy is jou vrede en rus.

Jesus Christus, dankie vir die vrede wat U deur die kruis en die Heilige Gees gebring het. Dankie dat ek daarin kan deel. Bring u vrede ook in my hart! Maak ‘n einde aan die woeling en die stryd. Amen.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

Om meer oor ons huidige reeks, NAAM BO ALLE NAME, te lees, kliek hier

© 2019 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

1585512135?profile=RESIZE_710x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –