Forum 2.0

4100 God-met-jou

14 Daarom sal my Heer self vir julle 'n teken gee: Kyk, die jong vrou is swanger, en gaan 'n seun in die wêreld bring. Sy sal hom Immanuel noem. Jes. 7:14 BDV

Jerusalem was onder bedreiging toe Jesaja vir sy koning ‘n hoopvolle teken gee: ‘n jong vrou sal swanger word en ‘n seun kry, Immanuel (“God-met-ons”). Voor die kind enkele jare oud is, sal hulle vyande egter reeds verslaan wees. God sal met hulle wees! In die Nuwe Testament is Immanuel ‘n duidelike simbool en naam van die Messias, Jesus Christus. Hý is “God met ons”, want Hy is die verskyning en beeld van God. Hý is God wat met ons leef en werk en eet en slaap. Hý is God wat saam met ons en vir ons ly en sterf.

Jesus is ook God-met-jou! Deur die Heilige Gees – die “Gees van Christus” – leef Immanuel in jou en lei Hy jou. Ek en jy moet leer om daagliks vanuit die leiding en inspraak van die Heilige Gees te leef. Jy moet leer om te gewaar wat Hy uitwys, te hoor wat Hy sê, te gaan waar Hy lei. Jy kan! Dis eintlik die normale Christelike lewe.

Vader, dankie dat U deur u Seun by ons kom woon het. Jesus Christus, dankie dat U deur u Gees in my hart en lewe kom woon. Heilige Gees, lei my daagliks, gebruik my, maak my die mens wat U wil hê ek moet word. Amen.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

Om meer oor ons huidige reeks, NAAM BO ALLE NAME, te lees, kliek hier

© 2019 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

1585512135?profile=RESIZE_710x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –