Forum 2.0

4120 ‘n Nuwe Meester

23 As daar by hom 'n engel is, 'n voorspraak, een van die duisende, om vir die mens oor sy opregtheid te getuig, 24 en dié hom genadig is en sê, 'Bevry hom daarvan om na die graf af te daal, ek het 'n losprys vir hom gekry,' 25 word sy liggaam lewenskragtiger as dié van 'n jong man... Job 33:23-25a BDV

Hier in Job sê Elihu iets vreemd oor sterwende mense. Hy sê dit kan gebeur dat ‘n spesifieke engel kom, ‘n “voorspraak” (“interpreteerder” of “tussenganger”), en gelas dat ‘n persoon nie moet sterf nie, want ‘n “losprys” is vir hom gevind. Ja, eienaardige woorde, maar so toepaslik op Christus! Hý, wat  eksplisiet ons Voorspraak genoem word, betaal ‘n losprys – sy lewe – om ons te red.

In die ou tye kon jy ‘n slaaf loskoop by sy meester, vir die regte prys. Dan behoort hy aan jou! Mens kan sê dat sondaars aan die Bose behoort, omdat sonde hom ‘n houvas, ‘n reg, op hulle lewens gee. Christus het egter die losprys betaal, naamlik sy lewe, om ons uit die vyand se houvas los te koop. Nou behoort ons aan ‘n nuwe Meester. Christus se heerskap moet egter nou in ons lewe duidelik blyk. Heerskap beteken dat alles – ons tyd, verhoudings, werk, geld, ontspanning – aan Hom behoort. Hý sal sê wat ons daarmee moet doen! Vra gereeld na sy instruksies.

Hemelse Meester, U’t my gekoop; nou behoort ek aan U. Dankie daarvoor! Wat is u opdrag vir my? Wat moet ek vandag vir U doen? Lei my deur u Heilige Gees! Amen.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

Om meer oor ons huidige reeks, NAAM BO ALLE NAME, te lees, kliek hier

© 2019 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

1585512135?profile=RESIZE_710x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –