Forum 2.0

4125 Josua, Jesus

21 Ná verloop van agt dae moes die Kindjie besny word. En Hy is Jesus genoem, die naam wat deur die engel gegee is voordat Hy in die moederskoot ontvang is. Luk. 2:21 BDV

Die beloofde Verlosser word “Jesus” genoem, soos die engel gesê het. Dit beteken, heeltemal gepas, “Jahweh verlos”. Dit was egter ook ‘n algemene Joodse naam, wat ons ken as “Josua”. Ja, die Bybelse held van die Ou Testament – in Hebreeus Jehoshua of Jeshua, beide kom voor – word in die Griekse Bybel ook Iesous genoem, presies soos met Jesus. Jesus is dus (ook) na Josua vernoem, deur wie God ook eens sy volk verlos het.

Josua moes vir Jesus ‘n groot inspirasie gewees het, want hy was inderdaad ‘n held – ‘n soldaat, ‘n leier, ‘n Godsman. Onthou, Josua het die volk deur die Jordaan gelei. Hy’t met die Here buite Jerigo ontmoet en toe die stad oorwin. Hy’t die Beloofde Land in besit geneem. Hy’t die volk in ‘n nuwe verbond met God gebring. Ja, Josua was groot, maar Jehoshua-wat-sou-kom nog veel groter. Hý verlos die wêreld. Hý lei die wêreld. Hý sluit God se verbond met die wêreld! Wees soos Josua, maar nog meer soos Jesus!

Ja, Hemelse Vader, gee my die krag, die moed en die oorwinning van Josua. Gee my egter veral die passie, die liefde en die selfloosheid van Jesus Christus, my Here en my Koning. Amen.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

Om meer oor ons huidige reeks, NAAM BO ALLE NAME, te lees, kliek hier

© 2019 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

1585512135?profile=RESIZE_710x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –