Forum 2.0

4127 Iesous, Jesus

Die geslagsregister van Jesus Christus, die Seun van Dawid, die Seun van Abraham. Mat. 1:1 BDV

Βίβλος γενέσεως ᾿Ιησοῦ Χριστοῦ, υἱοῦ Δαυΐδ, υἱοῦ ᾿Αβραάμ. Ja, so begin die Nuwe Testament, die verhaal van Iesous Christos. In Jesus se tyd was die hele wêreld Grieks. Alexander die Grote het in die tyd tussen die testamente ‘n geweldige ryk gestig en die Griekse kultuur oral gevestig. Grieks was die wêreldtaal, amper soos Engels vandag. Die Jode, die Romeine, álmal het Grieks gepraat. Toe die dissipels, wat Jesus Jeshua genoem het, oor Hom wou skryf aan die hele wye wêreld, skryf hulle dus in Grieks. Hulle vertel van Iesous.

Wat is die punt? Ons mag nie stry of Hy nou eintlik Jeshua of Jesus is nie. Dis dieselfde naam in verskillende tale. Weet jy wat? In ander tale is Hy Jezus, Jesu, Yaso, Ieso, Isa, Iso, Isus en vele meer. Hoe wonderlik! Vertel die hele wêreld, aan elke nasie, volk en taal, dat Jesus leef, dat Jesus red, dat Jesus hulle liefhet. Vertel iemand vandag. Vertel dit in sy taal!

Hemelse Vader, dankie vir die Naam van Jesus! Elkeen kan in sy eie taal die Verlosser leer ken, leer volg, leer loof. Help my om ‘n bydrae te maak om die goeie nuus oor Jesus oor die wêreld heen te versprei. Amen.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

Om meer oor ons huidige reeks, NAAM BO ALLE NAME, te lees, kliek hier

© 2019 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

1585512135?profile=RESIZE_710x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –