Forum 2.0

Jesus het vol van die Heilige Gees van die Jordaan af teruggekom, en is deur die Gees na die woestyn gelei. Jesus is gedoop deur Johannes en by sy doop het die Heilige Gees soos ‘n duif op Hom neergedaal. Lukas sê Jesus was VOL van die Heilige Gees. Wonderlik om vol van die Gees te wees, nie waar nie? Dalk het jy al ervarings gehad van die Heilige Gees – dalk onthou jy die gloed, die emosie, die nabyheid van die Here. Jesus het dit tien keer meer beleef, glo ek! In elk geval, die Heilige Gees lei Hom reguit die woestyn in vir ‘n swaar tyd van beproewing en versoeking en worsteling. Dit was so erg dat Jesus uiteindelik die Satan van aangesig tot aangesig ontmoet het. Wat is die les? Wel, as jy gedink het die Here lei jou NET na groen weide vol waterstrome en blommetjies en voëlgesang, is jy verkeerd! En as jy gedink het dis net die Bose wat jou by die dorre geestelike woestenye uitbring, is jy ook verkeerd. Nee. Sien dit so: die lewe behels seisoene van groen weivelde EN van barre droogtes. Soms is jy in die een, en soms moet jy ook in die ander wees. Maar jy is steeds in God se wil. En sy Gees is ook daar. Hou moed! Here, dankie dat U met my deur elke seisoen gaan. Amen.

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –