Forum 2.0

“Die Gees van die Here is op my… Hy het my gestuur om vrylating vir gevangenes uit te roep.” Jesus lees uit die Bybel in die sinagoge en maak hierdie gedeelte van toepassing op Homself. Sy implikasie is dat sy bediening ook goeie nuus vir gevangenes behels. Sy woorde dui op ‘n amnestie; tronkdeure wat oopswaai! Dalk pla dit jou dat Jesus so simpatiek is (ook elders) met gevangenes. Het hulle nie verdien om daar te sit nie? Onthou, in Bybelse tye was dinge anders. Dit kon makliker gebeur dat jy onskuldig in die gevangenis was. ‘n Gevangene het sy regte verloor om soos ‘n mens behandel te word en is mishandel en gemartel. Gevangenes is gebruik om in gevaarlike plekke te werk, soos in myne, en baie het daar gesterf. Gevangenisse was plekke van genadelose ontbering en lyding en gevangenes was skrikbeelde van hopeloosheid. Jesus kondig egter ‘n Koninkryk van Geregtigheid aan: waar reg waarlik geskied, en waarin genade ook ‘n plek het. Dit is die visie van Jesus wat ons moet sien. Daar is baie soorte gevangenes onder ons: krimineel, sosiaal, ekonomies, geestelik en polities. Dit is die hart van die evangelie om aan alle gevangenes (ook ek en jy) hoop te bring. Laat ons dit doen. Here, dankie dat u alle bande breek en vryheid skenk. Amen.

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –