4244 Wie is jou mentors?

9 Josua, die seun van Nun, was vervul met 'n gees van wysheid, omdat Moses sy hande op hom gelê het. Die Israeliete het na hom geluister, soos die HERE Moses beveel het. Deut. 34:9 BDV

Moses het sy opvolger, Josua, deur middel van handoplegging aangestel, waarna die “Gees van Wysheid” vir Josua vervul het. Ek glo eintlik nie Josua het op daardie oomblik iets besonders beleef nie. Ons sou daarvan gelees het. Ek glo Josua het net voortgegaan in die spore van Moses, sy mentor. Hy het gedoen wat Moses gedoen het. Hy het soos Moses met God ontmoet, God se leiding gevind, die volk droogvoets deur die Jordaan gelei en baie wonders sien gebeur. Sy ervarings met Moses het hom die geloof gegee om dieselfde dinge te doen. Ek glo dat die Heilige Gees dít geëer het en hom met wysheid en krag vervul het.

Dis so belangrik om geestelike mentors te hê, so ‘n seën! Ons het geestelike leiers nodig, geestelike rolmodelle, geestelike vaders en moeders. Ons het hulle ervaring nodig, hulle inspraak, hulle wysheid. Mentors gee vir ons voetspore om te volg, voorbeelde om te onthou. Mentors bou ons geloof en maak ons sterker. Wie is jou mentors?

Hemelse Vader, dankie dat U in my werk deur u Heilige Gees. Dankie dat u Gees ook mentors in my lewe gebruik. Here, gee vir my waardige mentors, goeie leiers om te volg! Amen.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.

Stel asseblief hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

Om meer oor ons huidige reeks, NAAM BO ALLE NAME, te lees, kliek hier

© 2020 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

1627575301?profile=RESIZE_400x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –