4301 Ou godsdiens, nuwe wyn

4301 Ou godsdiens, nuwe wyn

17 'n Mens gooi ook nie nuwe wyn in ou leersakke nie; anders bars die sakke oop, die wyn loop uit en die sakke gaan tot niet. Nee, 'n mens gooi nuwe wyn in nuwe leersakke, en beide bly behoue. Mat. 9:17 BDV

In die Bybel is wyn ook ‘n simbool vir die Heilige Gees. Hier sê Jesus dat nuwe wyn, wat nog gis, ou wynsakke kan laat breek. Hy wil hiermee waarsku dat die vorme van die Joodse godsdiens nie sy nuwe lering of die werk van die Gees kan hanteer nie. Hulle godsdiens het oud en rigied geraak.

Godsdiens is belangrik, want dit bewaar en beoefen God se waarhede op verskeie maniere. Dit help ons om die pad na God te vind. Daar is egter goeie en slegte godsdiens. Slegte godsdiens kan ons van God weghou. Dit kan ‘n doel op sigself word. Dit kan verhoed dat ons enige-iets nuut van God beleef, want dit ken net die ou weë. Dis ou leersakke. Goeie godsdiens kan egter die nuwe wyn van die Gees hanteer. Dit besef God kan nie beperk word nie. Dit borrel van opgewondenheid oor God se werk, wat elke dag nuut is. Die oue is swaar en stroef; die nuwe is vreugdevol en vry!

Hemelse Vader, doen ‘n nuwe werk in my lewe, deur die Heilige Gees. Bring iets vars: nuwe salwing, nuwe vreugde, nuwe getuienisse. Laat ons juig en bly wees oor u werke. Heilige Gees, doen wat U wil! Amen.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.

Stel asseblief hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

Om meer oor ons huidige reeks, NAAM BO ALLE NAME, te lees, kliek hier

© 2020 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

7914777076?profile=RESIZE_400x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –