4314 Gemaak om te heers 

26 God het gesê: "Laat Ons mense maak na ons beeld, as ons afbeelding, sodat hulle kan heers oor die visse van die see, die voëls van die hemel, die diere en oor die hele aarde, en oor al die kruipende diere wat op die aarde rondbeweeg." Gen. 1:26 BDV 

Die Skepper skep soos ‘n meester-kunstenaar, wonderlik en pragtig, in geweldige detail en verskeidenheid. Lug, see, aarde, plante en diere kom tot stand. Dan skep God mense, as “kroon” van die skepping. As Hy mense maak, is dit met een oorheersende doel, en dit is dat hulle sou HEERS. Iemand moet namens Hom na die hele pragtige skepping omsien, dit oppas, dit “bewerk en bewaak”. Heerskappy” is God se eerste woorde aan die mens en “heerskappy” bly my en jou eerste skeppingsopdrag. 

Heers dus, asseblief! Om te heers is om persoonlik verantwoordelikheid te aanvaar vir God se opdrag en Sy doelwitte. Dis om inisiatief daarvoor te neem, leierskap aan die dag te lê. Dis om op te hou rondkyk of iemand anders dit dalk gaan doen. JY – en EK natuurlik – is deur God aangestel om SY werk te doen. Gaan neem verantwoordelikheid vir die natuur, vir jou eie lewe, vir jou verhoudings. Doen dit soos Hy dit sou doen. Dís ons werk! 

Hemelse Vader, help my om verantwoordelikheid te neem vir u visie vir die aarde en vir mense. Help my om myself daarvoor te gee, op die maniere wat ek kan. Ek weet ek speel ‘n belangrike en unieke rol in u beplanning. Amen. 

BEDINK VANDAG: Ek aanvaar verantwoordelikheid, in Jesus’ Naam! 

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier. 

Stel asseblief hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options. 

Om meer oor ons huidige reeks, WESENLIKE WOORD, te lees, kliek hier 

© 2020 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com 

8009318259?profile=RESIZE_400x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –