4315 Geseënd, baie goed

28 God het hulle geseën; God het vir hulle gesê: "Wees vrugbaar, vermeerder, vul die aarde en onderwerp dit. Heers oor die visse van die see, die voëls van die hemel en al die diere wat op die aarde rondbeweeg." Gen 1:28 BDV

Telkens nadat God geskep het, staan Hy terug – soos kunstenaars doen – en beoordeel dit. Dan sê Hy dat dit “goed” was. Uiteindelik, na die mens gemaak is, verklaar God dat dit alles “baie goed” was. Die mens kry ook die spesiale seën van hierdie teksvers. Daarna het die sonde gekom, natuurlik, en die dorings en dissels, en die dood. Onthou egter dat die mens nooit sy oorspronklike seën verloor het nie. Hy BLY geseënd deur die Here, hy BLY goed geskape, ten spyte van die sonde. Hy BLY die beeld van God.

Ons moet wegbeweeg van die persepsie dat die mens nét sleg is. Sonde het alle mense aangetas, maar dit het nie God se goeie skepping in hulle uitgewis nie. Ons moet ook wegbeweeg van die gedagte dat God altyd vir ons kwaad is. God het ons lief, dáárom haat Hy die sonde en wat dit aan ons doen. Al faal jy ook, moet jy vandag dit weet: Ek is steeds geseënd, ek is steeds ‘n geliefde!

Hemelse Skepper, dankie dat U die sonde haat, maar die sondaar liefhet. Dis my redding! Help my nou om weg te groei van alles wat nie u volmaakte wil vir my is nie. Amen.

BEDINK VANDAG: Ek is steeds geseënd; ek is steeds ‘n geliefde!

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.

Stel asseblief hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

Om meer oor ons huidige reeks, WESENLIKE WOORD, te lees, kliek hier

8014422657?profile=RESIZE_400x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –