4338 Hulle het dit verdien

12 Behandel jou vader en jou moeder met eerbied, sodat jy lank kan leef op die grond wat die HERE jou God vir jou gaan gee. Eks. 20:12 BDV

Die vyfde gebod gebied ons om ons ouers te eer. Ai, hoeveel ure het hulle nie spandeer om ons as babas te troos en te voed nie, hoeveel geld het hulle nie opgeoffer sodat ons hierdie sport of daardie belangstelling kon volg nie? Hoe het hulle nie moeite gedoen toe ons siek was, of om ons te laat leer nie? Hulle sou alles doen om ons die beste kans te gee! Ja, dis hoe ouers is. As hulle dan oud geword het, en swak, sieklik, is dit óns taak om hulle met dieselfde liefde te versorg. Ons word immers self eendag oud.

Onthou tog dat jou ouers se grootste behoefte aan JOU is. Hulle lewe steeds vir hulle kinders! Maak dus tyd vir hulle, betrek hulle, maak hulle deel van die familielewe, vra hulle raad. Doen moeite om hulle te bedank en te eer, en gaan tog saam met hulle deur daardie foto-albums wat vir hulle so kosbaar is. Dit was hulle lewe, daardie! EER jou ouers!

Abba Vader, dankie vir my ouers. Net ouers weet wat ouers doen! Help my om my eie ouers – of ander se ouers – te eer en te bedien. Dis so ‘n voorreg! Help my om geduldig, respekvol en liefdevol te bly – hulle het dit verdien! Amen.

BEDINK VANDAG: Dankie ma, dankie pa!

  • Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.
  • Jy kan ook na hierdie oordenking luister op ons Facebook-Blad, kliek hier
  • Stel asseblief hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.
  • © 2020 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | jimileroux.com

8144328500?profile=RESIZE_400x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –