4352 Hierdie woorde

6 En hierdie woorde wat ek vandag vir jou voorskryf, moet jy op jou hart dra. 7 Herhaal dit vir jou kinders en praat met hulle daaroor wanneer jy in jou huis sit en wanneer jy op pad is, wanneer jy gaan lê en wanneer jy opstaan. Deut. 6:6-7 BDV

In hierdie hoofstuk vind ons die Joodse geloofsbelydenis, die sogenaamde Shema: “Luister Israel, die Here is ons God, die Here alleen.” Dan sê die Here hulle mag dit nooit vergeet nie. Dit moet in hulle harte wees en in hulle gesprekke. Dit moet in hulle dade wees (“bind dit op jou hand”) en in hulle gedagtes (“dra dit op jou voorkop”). Om hulle hieraan te herinner, dra Jode by gebedstye tefillin, gebedsrieme om die hand en ‘n leer-houertjie op die voorkop, met die woorde van die Shema daarin. Hulle heg ook ‘n mezuzah aan hul deurposte, wat eweneens hierdie woorde in Hebreeus bevat.

Moenie God se woorde vergeet nie, hoor! Maak erns daarmee om die Bybel gereeld te lees. Bedink dit deur jou dag, sodat jy dit kan verstaan. Memoriseer wat jy kan. Herinner jouself daaraan deur Skrifverse om jou: teen jou muur, op jou yskas, in jou dagboek. Noem dit in jou gesprekke. Die Skrif is nie net gewone woorde nie, né, dis goddelike woorde. Dit gee jou lewe!

Hemelse God, dankie vir u Woord. Dit bring lewe in my binneste. Dit bemoedig en bekragtig my. Dit hou my op die regte pad. Lei my, op praktiese maniere, om u Woord in te neem. Ek wil in u Woord bly, sodat u Woord in my kan bly. Amen.

BEDINK VANDAG: U Woord gee my lewe.

  • Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.
  • Jy kan ook na hierdie oordenking luister op ons Facebook-Blad, kliek hier
  • Stel asseblief hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

© 2020 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

8232560859?profile=RESIZE_400x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –