4355 Moses en mentors

1 Na die dood van Moses, die dienskneg van die HERE, het die HERE vir Josua, seun van Nun, Moses se helper, gesê: 2 "Moses, my dienskneg, is dood." Jos. 1:1-2a BDV

Die verhaal van Josua is fassinerend. Ons leer hom ken as ‘n verspieder met groot geloof. Dan sien ons hom as Moses se mentorling. By Moses leer hy alles van leierskap en geloof. Later lê Moses vir hom die hande op, en salf hom as sy opvolger. Dan neem Josua die volk se leierskap formeel oor. Dis opvallend hoe hy in Moses se spore volg: hy neem die volk droogvoets deur die Jordaan, hy ontmoet met die Here, hy veg die een stryd na die ander en sien wonderwerke gebeur. Josua was ‘n generaal en ‘n godsman, ‘n gróót leier! Maar Moses het hierin ‘n geweldige aandeel gehad.

Ons wêreld is heeltemal te individualisties! Selfs Christene wil hulle eie kop volg en hul eie besluite neem. Ons moet leer om ons lewens meer te deel, om raad in te win, om geestelike vaders en moeders te raadpleeg. Dis ‘n teken van volwassenheid en leierskap. Werk doelbewus om wyse mentors en waardige leiers in jou lewe te ontwikkel. Leer by hulle!

Hemelse Vader, help my om deur mentorskap te groei. Bring my in verhouding met waardige manne of vroue by wie ek kan leer. Bring my ook in verhouding met ‘n jonger geslag, aan wie ek wysheid en vaardigheid kan oordra. Amen.

BEDINK VANDAG: Wie is my mentors en my leiers?

  • Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.
  • Jy kan ook na hierdie oordenking luister op ons Facebook-Blad, kliek hier
  • Stel asseblief hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.
  • © 2020 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | jimileroux.com

8245255697?profile=RESIZE_400x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –