4424 Hierdie chaos

11 Omdat 'n vonnis oor 'n bose daad nie gou voltrek word nie, daarom is mense se harte in hulle vol daarvan om kwaad te doen – 12 omdat 'n sondaar honderd keer kwaad kan doen, en lank lewe. Ja, ek weet ook: Dit sal goed gaan met hulle wat vir God ontsag het... Pred. 8:11-12a BDV

Die skrywer van Prediker is swaarmoedig omdat hy soveel onregverdigheid sien. Hy sien byvoorbeeld goddeloses wat lank lewe, terwyl regverdiges sukkel. Dit laat hom voel dat alles doelloos, sinneloos is. Nogtans bly hy gelowig. Hy weet dat God daar is, alhoewel hy God se dade nie kan verstaan nie. Hy aanvaar ook dat geregtigheid uiteindelik sal geskied, al sien hy dit nie dadelik nie.

Ons sukkel met dieselfde vrae! Ons sien ook onverstaanbare en onregverdige dinge. Ons moet egter besef dat ons in die chaos van die sonde leef. Die wêreld is so gebroke en so stukkend, so verkeerdom! Juis daarom moet ons gelowig bly. God is met ons in die chaos. Hy gee ons krag om hierdie chaos beter te maak. Met Hom is daar steeds sin, steeds geluk! Weet ook dit: die Here sal iewers in die toekoms die streep trek en alles kom regstel. Die oordeel lê nog voor. As Hy klaar is, sal volmaakte geregtigheid heers. Los dit maar in geloof aan Hom.

Hemelse God, help my om nie te veel op die chaos, die gebrokenheid en die sonde te fokus nie. Help my eerder om op U te fokus, die Oplossing, die Weg, die Lig, die Sin van alles. Help my, deur u Heilige Gees, om die wêreld ‘n beter plek te maak. Help my om u lig te laat skyn in die donker, om geregtigheid te bring in die onreg, om op te bou wat die sonde afgebreek het. Amen.

BEDINK VANDAG: Fokus op God, nie op die gebrokenheid nie.

  • Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.
  • Jy kan ook na hierdie oordenking luister op ons Facebook-Blad, kliek hier
  • Stel asseblief hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

© 2021 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

8738895466?profile=RESIZE_400x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –