Forum 2.0

#7 LENTE PARADYS

Dit was tyd vir ‘n Lente skerm-agtergrond en ek wou Jakarandas doen – werk mos nou met Suid-Afrikaanse tonele.  Het my vrek gesukkel, maar kry toe hierdie gratis wallpaper, maar dit was ‘n bietjie uit fokus op die rante, te helder-ligpers en uiters, uiters besig op die skerm, maar ek het dit darem ge-fix met Photoshop – donker om die rante gemaak en dan die hele ding met ‘n waterverf-filter, fynerig gestel gedinges, saturation dieper gemaak.  Nou’s dit minder besig, donkerder en dieper pers  - soos ek daarvan hou – maar dit getuig nog steeds van die uitbundigheid van die lente, en die pers is PERS hoor, maar hei – ons celebrate die einde van die winter met baldadige kleur!  Toe kry ek Koos du Plessis se lied, Pretoria, en plak dit daar op en ons eie goedjies. 

Dit alles het my teruggeneem na ons 11 jaar in Pretoria.  Laat ek jou sê dis ‘n móói stad, hoor, seker die mooste in die land as dit gaan oor sy ingang: breë paaie wat deur die groen by die fonteine-sirkel (met sy spuitende fonteine) verby swiep, onder deur Unisa wat regs oor jou troon en dan in die stad in.  Stadskern bietjie goor nou, net vir die brawes (amper soos Jozi), maar net ‘n dekade of drie terug was die stadskern nog vol staatsamptenenare wat daar op kerkplein, in Schoemanstraat en die Steyns-arkade rondgedwaal het etenstyd met hul toebies, was Arcadia, Hatfield en Muckleneuk rustige en loofryke woonbuurte en was Sunnyside die hip & happening place-to-be (maar in Afrikaans), vol studente daar by die Kollege-kafee en die Sunnypark Mall se flieks.  Brooklyn was ook baie happening met al sy winkels en oooh Lynnwood – grand! (om nou nie te praat van Waterkloof of Groenkloof nie). In elk geval, hier is ons Lente skermdinges.  Geniet dit!

 

Mooi, né? Laai die skerm-agtergrond binne drie sekondes af vir jou rekenaar.  Daar is twee weergawes:

  • vir die standaard rekenaarskerms, probeer hierdie een (1280x1024): kliek hier
  • vir die breër skerms van o.a. laptops, probeer hierdie een (1366x768): kliek hier (of op die prent hierbo, dis die breë een)

Kliek net op die skakel hierbo, laat jou webblaaier (die program waarin jy nou is) dit oopmaak, regskliek daarop en Set as Desktop Wallpaper, so iets.  Hoop dit werk.  Anders dubbelkliek op die foto in jou webblaaier en laat jou Photo Manager of iets dit oopmaak, en regskliek daarvandaan en Set as Desktop Wallpaper dan.  Kan ongelukkig nou nie al die moontlike groottes maak nie, dis darem vreselike moeite...

 

 

You need to be a member of jimileroux30 to add comments!

Join jimileroux30

Email me when people reply –