Forum 2.0

#8 SOMER: SONSONDERGANG IN DIE BOSVELD

Die lente is verby en dis somer en weer tyd vir een van ons mooi skerm-prente, ons amptelike woord vir 'n rekenaar wallpaper!  Ek het hierdie mooi prent gevind van 'n sonsondergang in die Bosveld (moet altyd een soek sonder 'n kopiereg op) en dit het my laat dink aan die Bosveld-aande wat ek al geken het, in die Kruger Wildtuin, in lodges waar ons al was en doer op my oom se plaas, net oor die grens in Nuanetsi, destydse Rhodesië - daar gaan nou seker min aan, hulle is uit met feitlik niks.  In elk geval - dis nou Afrika vir jou - verbeel jou maar die koel sand van die voetpad onder jou voete, die geluide van die bos, die hardehout-vuurtjie wat al brand hier by die rondawels. Die Bosveld het 'n absolute kenmerkende reuk en gevoel. Dalk is dit weer tyd vir 'n wildtuin-vakansie soos van ouds... 

Ek het toe hierdie ou gedig van DJ Opperman gekry uit sy studentejare oor die Bosveld, die sonsopkoms en God se lig in sy lewe - dis nogal mooi, alhoewel mens die jeugdigheid daarin bemerk.  Ek dink dit is pragtig!

  .

In elk geval, dis weereens te kry in twee weergawes.  Laai dit binne drie sekondes af vir jou rekenaar!

  • vir die standaard rekenaarskerms, probeer hierdie een (1280x1024): kliek hier
  • vir die breër skerms van o.a. laptops, probeer hierdie een (1366x768): kliek hier (of op die prent hierbo, dis die breë een)

Kliek net op die skakel hierbo, laat jou webblaaier (die program waarin jy nou is) dit oopmaak, regskliek daarop en Set as Desktop Wallpaper, so iets.  Hoop dit werk.  Anders dubbelkliek op die foto in jou webblaaier en laat jou Photo Manager of iets dit oopmaak, en regskliek daarvandaan en Set as Desktop Wallpaper dan.  Kan ongelukkig nou nie al die moontlike groottes maak nie, daar is net te veel.

You need to be a member of jimileroux30 to add comments!

Join jimileroux30

Replies are closed for this discussion.