Forum 2.0

Geestelike Lewe

   

Geestelike Lewe

‘n Program oor 40 weke deur Jimi le Roux

Hierdie kursus gaan oor spiritualiteit, daardie dimensie in elke mens wat soek na ‘n verhouding met God en wat die lewe wil verstaan vanuit ‘n groter, goddelike perspektief.  ‘n Geestelike lewe is meer as godsdiens, want dit gaan veral oor die geestelike-in-die-gewone-lewe. Die hele lewe is immers ‘n geestelike saak! Ons soek na ‘n spiritualiteit-van-die-lewe. Soos met Geestelike Vorming, waarvan hierdie kursus die opvolg is, fokus ons nie net op informasie nie, maar op transformasie.  Daarom gee ons baie aandag aan geestelike oefeninge, wat ons kan help om die lewe geestelik te beleef.  Die vloei van ons kursus is van aarde na hemel, van liggaam na gees, van natuurlik na geestelik.  Ons inhoud is oorsigtelik soos volg:

Inhoud

  • GRONDBEGINSELS (Deel #1 - #5) - ons anker ons spiritualiteit baie stewig in die natuurlike lewe.  Ons is mense en gemaak om op hierdie aarde te leef, tot God se eer.
  • SIELSBEGINSELS (Deel #6 - #20) - ons kyk na die geestelike aspekte van die gewone lewe.  Onthou, die "geestelike lewe" is die "gewone lewe" - geestelik geleef!
  • GEESBEGINSELS (Deel #21 - #30) - ons kyk na sekere belangrike aspekte van die vlees (ego) en die Gees en beweeg na die Heilige Gees se inset in ons lewe.
  • GEBEDSBEGINSELS (Deel #31 - #40) - ons doel is intimiteit met God en daarvoor kyk ons na wat gebeur tussen my en God.  Ons ondersoek 'n paar kontemplatiewe temas.

Gaan vir 'n jaar dieper met jou geestelike lewe.  Ontwikkel 'n geestelike perspektief op jou lewe en leer God beter ken - op 'n baie persoonlike en intieme manier!

Laai hier die eerste dele af:

GL0 - Voorblad en inhoud

GL1 - Spiritus

 

 

Padlangs Kursusse word weekliks per e-pos uitgestuur aan die PADLANGS vennote wat daarvoor ingeskryf is. Dit is Christelike selfstudie-kursusse en bedoel vir geestelike groei. Daar is geen eksamens of assessering nie, en ook geen akkreditasie of sertifikaat nie.

Vir VOLLE inligting oor kursusbydraes en -reëls, kliek hier
Vir 'n oorsig oor AL ONS KURSUSSE, kliek hier
Skryf vir hierdie kursus in met die BLOU SKAKEL op hierdie blad: kliek hier

 


Kyk gerus deur die eerste dele deur op die grafika hieronder te kliek (benodig Flash).

 

You need to be a member of jimileroux30 to add comments!

Join jimileroux30