Forum 2.0

Maandelikse Nuus April 2017

Hallo vriend!

Ek vertrou dat jy 'n geseënde Paastyd gehad het - dat jy te midde van die vakansiedae en rus wel iets van die Here se kruis as 'n werklikheid kon beleef. Dis weer tyd vir ons maandelikse nuus en ek wil net die volgende vier sake met jou deel:

'n Pragtige geel herfsoggend

Ek het 'n nuwe skermprent (wallpaper) gemaak vir jou rekenaar! Die prent hierbo bevat 'n deeltjie daarvan - dis pragtig! Stel dit vir jou op, dan kan jy wens dat jy dáár sit, in pleks van agter jou oorvol lessenaar, en sommer ook onthou om vir ons te bid! Dit laai binne sekondes af - kliek hier.

YouVersion-LEESPLAN

Ons nuwe boek, In die Lig van sy Genade, verkoop goed - prys die Here - en CUM het nou ook 'n kort In die Lig leesplan op YouVersiongeplaas. Meeste van ons het die veelsydigeYouVersion Bybeltoepassing op ons foon of rekenaar. As jy ingeteken is kan jy dit kies uit die Afrikaanse opsies, onder "Nuwe". Vir die direkte skakel kliek hierKan ek herhaal dat In die Lig die mooiste boek is wat jy al ooit gesien het? Dis pragtig kleurvol uitgelê en die sye is met pienk ge-foil, soos 'n Bybel s'n - so mooi!! Die inhoud is oor God se beloftes en dis dus 'n pragtige geskenk. Lees meer oor "In die Lig" - kliek hier.

Leef met 'n Lied

Ons huidige reeks oordenkings uit die Psalms, Leef met 'n Lied, duur nog voort tot so middel September.Ons het mos 'n reeks artikels wat agtergrond gee by die Psalms en die laaste een (Artikel 5) is nou beskikbaar - lees dit gerus, daar is oulike inligting oor hoe die psalms ontwikkel is en gebruik is, wie dit geskryf het, hoe Bybelse musiek geklink het, ens. Jy sal die psalms sommer baie beter verstaan! Kliek hier.

Facebook aankondigings

1. Facebook het nou 'n nuwe ding en dis dat 'n blad "review" moet word. Doen ons dus ASSEBLIEF 'n guns en gaan beoordeel ons Facebook-blad - vyf sterre sal gaaf wees :-) Baie dankie! Ons plaas daagliks 'n opsomming van ons dagstukkies daar en ook 'n skakel na die gebedskalender wat ek vir Lééf behartig. Dan het ons dikwels ook ander postsoor ons kursusse of aankondigings.

2. Op Facebook plaas ons ook nou klankopnames van ons dagstukkies. Olga Maartens, een van ons vennote uit Namibië, lees dit pragtig voor. Ons probeer dit tans vir twee weke en kyk hoe dit gaan - gaan luister gerus!

Kliek hier om na ons Facebook blad te gaan. 

Nou ja, dis dit - vriende, bid ASSEBLIEF saam met ons vir vroeë en goeie reëns vir die Wes-Kaap. Die damme is baie laag - die seisoen draai, maar dis natuurlik nog nie werklik reëntyd nie. 

Mag die Here jou ryklik seën!

Jimi en Maryke

Bid asb. saam met ons:

  • Bid vir Suid-Afrika.  Swak leierskap het ons gebring by 'n ekonomie wat stagneer. Ons moet bid vir beter leiers en ook seker maak ons  optrede teenoor mense bou op en breek nie af nie.
  • Bid assebief vir ons bediening.  Ons benodig altyd groei: in ons arbeidsveld, in medewerkers, in ondersteuning, in die Here se seën. Ons werk in groot afhanklikheid!
  • Kan ons vir jóú bid? Sjoe, daar is soveel behoeftes - maar ons bid graag

 

You need to be a member of jimileroux30 to add comments!

Join jimileroux30

Email me when people reply –