Forum 2.0

Maandelikse Nuus Desember 2018

 
 

Nog ‘n jaar is byna verby

Vir ons was die jaar vol verandering. Toe ek op 1 Januarie 2018 by ‘n plaasdam sit en met die Here praat oor wat voorlê, het ek duidelik gevoel dat Hy “’n Jaar van Transformasie” op my hart druk. En so was dit ook: beide my kinders het getrou en huis opgesit, ons het self ook getrek en het verskeie veranderinge aan ons bediening aangebring. In die geheel was dit baie besig, selfs ontwrigtend en moeilik, maar ons is duidelik op ‘n beter plek. 0ns sien nou uit na ‘n rustiger seisoen, een met beter ritmes. In hierdie laaste nuusbrief wil ek die volgende kortliks onder jou aandag bring:

Ons sluit nou vir die vakansie

Daaglikse Stilte hervat weer op 8 Januarie 2019, wanneer ons met ons huidige dissipelskap-reeks voortgaan - tot vroeg in Maart. Vir volle besonderhede oor die bestek en die doel van hierdie reeks, kliek hier.

Kersfees of nie

Ons het onlangs drie aflewerings uitgestuur oor Kersfees as Christelike of heidense fees. Ons weet dat Kersfees deur die eeue Christelike, heidense en sekulêre insette gehad het, maar ons het alle rede om dit te vier, as ons dit rég vier. Ek bespreek al die besware. Kliek hier om dit te lees.

Nuwe kursus!

Volgende jaar skop ons af met 'n opwindende nuwe kursus.Ek sal in Januarie meer hieroor sê, maar is nou reeds so opgewonde dat ek jou 'n sneak preview wil gee - kliek hier! Laai vinnig die Inhoudsopgawe (voorblad) af. Mooi, nê? Dalk wil jy volgende jaar een van ons kursusse doen? Dis die mees algemene manier waarop mense ons bediening ondersteun en is eintlik 'n wen-wen.

Weereens - as jy sukkel...

Baie mense het onlangs probleme gehad om ons oordenkings te ontvang, omdat ons van diensverskaffer, en afsend-adres, verander het. Dis belangrik – veral as jy gmail het – om ons as kontak op te stel in jou Contacts, met die adres info@jimileroux.COM (dit het verander). Dit het vir baie gehelp. Stel ons oordenkings ook as Safe Sender op, as jy kan, of as jy dit in die Junk Mail Folder vind. Jy kan ook probeer om vir ons ‘n briefie te stuur na die bg. adres toe. Dit mag ook help. Vertel sommer hoe dit gaan... As jy dit geheel en al nie kry nie, laat ons weet, dan sit ons jou op ons ander lys.

Dankie!

Al wat nou oorbly is om vir jou dankie te sê: dankie dat ons mag saamstap op die geestelike pad, dankie dat ons mag inspreek in jou lewe, dankie dat ons jou lief en leed mag deel. Watter voorreg! Dankie vir elke vriend en vennoot van ons bediening, dankie vir elke briefie en elke gebed. Dit word baie waardeer!

Mag die Here jou ryklik seën en mag jy ‘n wonderlike en geseënde Kersgety beleef.

Jimi en Maryke

 
 

 

 

 
 

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –