Forum 2.0

Maandelikse Nuus Januarie 2017

HTML Message Source

maandelikse nuus van jimi le roux

Voorspoedige Nuwejaar!

Ek het jare gelede opgehou om nuwejaarsvoornemens te maak, want dit werk doodgewoon nie vir my nie, maar ek skryf gewoonlik 'n nuwejaarsgebed (hierdie jaar s'n is hier). Ek bevestig ook my prioriteite vir myself, wat neerkom op die volgende:

  • WAT KOM BO WAT?
  • God kom bo alles, alhoewel ek dit nie in ure kan meet nie (net soos al die onderste punte ook) - ek meet dit in my KEUSES as ek by GRENSE kom
  • Ek kom onder God, want as ek nie EK is nie, kan niks verder in harmonie gebeur nie - maar dit sluit nie uit dat mens dikwels jou self vir ander moet opoffer nie
  • My gesin kom bo my werk, so ons moet leer om 'n streep te kan trek onder ons werk
  • My werk kom bo my ontspanning - eers as die onaangename dele afgehandel is, kan die lekker dele kom
  • Mense kom voor dinge en mense kom altyd voor geld.  Dan het ek nog vier reëls:
  • Die egte kom voor die kunsmatige
  • Die natuurlike kom voor die mensgemaakte
  • Die langtermyn kom voor die korttermyn
  • Die wesenlike kom voor die periferele.

Dis nou maar ek. Ek wil egter graag ons opwindende nuwe kursus aan jou bekend stel!

 

Nuwe kursus: groengeestelik

Ek wonder oor die volgende: verstaan ons as Christene wat met die aarde en sy klimaat gebeur? Verstaan ons dat dit nie in ons leeftyd weer sal wees soos dit altyd was nie? Verstaan ons dat ons kinders 'n groter prys sal moet betaal vir die keuses wat ONS gemaak het? Verstaan ons dat ons as kinders van die Here dit nie kan ignoreer of afmaak nie - dat dit trouens 'n diep geestelike saak is?  Verstaan ons wat ons daaraan kan doen? Ons gaan ons jaar afskop met 'n kort (tien weke) kursus in die verband. Jy is baie welkom om ook hierdie kursus te volg. Diegene wat reeds ons bediening maandeliks ondersteun sal dit vansself kry (tensy hulle iets anders gekies het).

 

Leef met 'n Lied

Ons oordenkings uit die Psalms sal nog voortgaan vir ses maande en ons begin op Woensdag 11 Jan met Psalm 90. Gebruik dit as 'n kort daaglikse stiltyd en nooi ook jou vriende uit tot die reis. Jy sal ons reklame in die verband ontvang, wat jy aan ander (wat sou belang stel) kan stuur. Baie dankie! Jy sal ook sien ons oordenkings is hierdie jaar super mooi en professioneel uitgelê - hoop jy geniet dit!

  • Om gratis op hierdie reeks dagstukkies in te skryf kliek hier
  • Vir meer info oor Leef met 'n Lied kliek hier

Volgende maand het ek weer uitstekende nuus en tot dan wens ek jou 'n voorspoedige en geseënde wegspring toe!  Dankie dat ons weereens 'n jaar kan saamstap op die geestelike pad!

 

Beste wense!

Jimi en Maryke

 

Bid asb. saam met ons:

  • Ons bediening moet nog groei - bid asb. vir seën, groter grondgebied en oop deure. Dankie...
  • Ons het persoonlik ook altyd gebed nodig. Sal jy ons ook voor die Here hou, asseblief?
  • Ons bid graag ook saam met jou... waarvoor?

You need to be a member of jimileroux30 to add comments!

Join jimileroux30

Email me when people reply –