![]() |
Hallo vriend! Dis winter, né! Hier in die Kaap is ons bly vir die goeie reën tot op hede. Die damme is reeds voller as dié tyd laas jaar en dis ‘n goeie teken! Terselfdertyd moet ons maar aanpas by droeër omstandighede oor die algemeen, regoor die land, en moet ons besef ons sal na die klimaat moet kyk. As ons wil bid vir reën moet ons ook ons kant bring! Onthou, ons het ‘n oulike kort kursus oor die Christen en die klimaat – kliek hier om daarna te kyk, dis nuttig vir bv. die kleingroep. Dit sit die groot probleem – en die geestelike implikasies – mooi uiteen. Winter skermprent In elk geval, van winter gepraat, ek het vir ons ‘n mooi winter-skermprent gemaak. Ek het die foto (hieronder) op 2 Junie geneem op Melkbaai, Strand, waar ek baie middae stap. Vir my spreek die prent van ‘n regte Kaapse winterdag, een wat jou uitnooi vir sop of ‘n kaserige pasta, met ‘n goeie brood, iets soos ‘n suurdoogbrood met ‘n taai kors, en regte botter. Ja, man! Laai ons prent af op jou rekenaar binne twee minute – kliek hier ‘n Nuwe naam: “Daaglikse Stilte” Ek het al ‘n tyd gelede begin om die naam “Padlangs” vir ons dagstukkies uit te faseer. Ons beweeg oor na “Daaglikse Stilte”. Dit is meer beskrywend van wat ons doen en sal ‘n wyer mark tref. Ons het reeds ‘n Facebook-blad daarvoor oopgemaak en sal dit ook andersins bekend maak. Ons bestaande platforms bly net soos dit is en “Padlangs” bly die naam van ons bediening. Mettertyd sal "Daaglikse Stilte" net die dagstukkies wys, terwyl ons bestaande FB blad 'n meer gemengde inhoud (o.a. dagstukkies) sal hê. In kort…
Ten slotte, altyd weer: ‘n GROOT dankie aan elke vriend en vennoot, dagstuk-ontvanger en kursusganger, bydraer en bidder, briefskrywer, navraer or gebedsversoeker. Om met jou die geestelike pad te mag saamstap is so 'n voorreg! Mag die Here jou ryklik seën. Beste wense! Jimi en Maryke |
Bid asb. saam met ons:
|
Replies