Forum 2.0

Maandelikse Nuus Maart 2018

 

 
 

Hallo vriend! Maart is soveel beter as die hitte van die hoogsomer. Daar is alreeds 'n koelte in die oggende, wat so welkom is... Mag jou Maart mooi wees! Net 'n paar notas, baie kortliks...

  

Hoera - weer 'n skermprent 

Ons eie rekenaars (en fone) spog al weer met 'n nuwe Padlangs-skermprent! Ek kan mos nie 'n mooi pad weerstaan nie (veral nie as daar 'n sonsopkoms in is nie) en het toe hierdie een gemaak. 'n Pad herinner my altyd aan een van my gunsteling aanhalings: We don't know where we're going, but we know we're following Jesus (Thomas Merton). Kyk net hieronder. Mooi, né? Laai die prent gerus af vir jou rekenaarskerm en stel sommer so ons oordenkings bekend: kliek hier.

  
Steeds Lydenstyd

Ons is diep in Lydenstyd, met nog so twee weke om te gaan. Dis hier waar die vastery nie meer snaaks is nie en dis asof mens net só lank op die kruis kan fokus. Nogtans gaan ons aan - dis immers die punt, om sáám te ly, op 'n klein-klein manier! Dit herinner ons aan die GROOT lyding en hou tog vir ons 'n seën in. Ons plaas vir nog twee weke spesiale Lydenstyd-oordenkings op Facebook. As jy meer wil lees oor Lydenstyd en wat ons doen: kliek hier.

  

Weer 'n Lééf!

Neem kennis dat Lééf (Herfsuitgawe) weer op die rak is! Lééf is elke maand steeds elektronies beskikbaar (kliek hier), maar daar kom ook vier spesiale boek-uitgawes per jaar uit. Kry gerus een en lees hom rustig oor 'n paar dae. Ons werk al jare saam met Christine-hulle en hulle unieke produk: dis so pragtig en diep!

  

Ons praat geld

Vandag praat ons eers weer 'n bietjie geld. Dit maak sommige sommer vies, maar net die volgende: 

  • ja, ons gebruik geld om van te leef!
  • ons leef uit ons bediening
  • mense dra by tot wat ons doen as hulle ons materiaal 'n seën vind of so gelei voel
  • ons KURSUSSE is die algemeenste manier waarop mense bydraes maak. Ons kursusse is die HART van ons bediening en het al honderde mense gehelp om dieper te gaan in hulle verhouding met God. Vir meer inligting oor ons kursusse: kliek hier
  • Ons het dit so maklik as moontlik gemaak vir mense om 'n bydrae te maak. Dit kan letterlik binne sekondes gedoen word met jou foon deur SnapScan (die kode is hierlangsaan) of binne vyf minute deur ons kredietkaart- of debietorder-sisteem. Ons finansiële diensverskaffers doen dit veilig en jy kan enige tyd staak. Lees gerus meer oor bydraes: kliek hier

Dis deel van 'n sendeling se werk om fondse te werf - so het ek laas jaar weer op die sendingkonferensie gehoor. Altyd 'n moeilike een, maar God is so goed! Ons leef al agt jaar só - in geloof.

  

Nou ja, met dit van my hart af kan ons groet. Dankie vir alles en mag die Here jou ryklik seën!

  

Beste wense!

  

Jimi en Maryke

You need to be a member of jimileroux30 to add comments!

Join jimileroux30

Email me when people reply –