Forum 2.0

Maandelikse Nuus Mei 2017

Sjoe, die jaar, né... dis alweer Mei!

Ek vertrou dat dit met jou goed gaan in hierdie deurmekaar politiek en deurmekaar klimaat - in die Kaap het ons gister 30 grade "winter"-weer gehad, met geen reën wat tans verderaan vir Mei voorspel word nie. In dit alles kan ons wel op die Here vertrou, wat vir ons gedagtes van heil koester. Ek wil hierdie keer net fokus op 'n belangrike vraag: 

  

Hoe werk ons kursusse?

Dalk het jy gewonder wat is hierdie 'kursusse' wat ons so bekend maak by ons oordenkings of op Facebook? Wel, ons kursusse is (1) die hart van ons bediening en (2) die Here se manier om vir ons te sorg. Kom ek verduidelik:

 (1) ons geestelike kursusse lei kinders van die Here dieper in temas in soos dissipelskap, gebed, die Woord, Jesus as Meester, leierskap, bediening en baie, baie meer! Dit is kort en kragtige, praktiese materiaal, maar ook diepgaande en betroubaar. Deur hierdie kursusse kan ons geestelike groei bied wat nie met 'n oordenking moontlik is nie.  

(2) ons kursusse word gestuur aan diegene wat ons bediening ondersteun met R120 p.m. of meer - ons "vennote". Diegene kry elke week 'n kleurvolle kursusdeel - hetsy van jou eie keuse, of as jy nie iets aandui nie, ons "vlagskip-kursus". Terwyl ons ons meeste werk gratis doen (d.w.s. ons oordenkings en die bediening wat daaruit vloei), verskaf ons kursusse aan ons 'n inkomste. Daar is natuurlik ook diegene wat doodeenvoudig ons bediening ondersteun, kursus of geen kursus nie, waarvoor ons die Here net elke maand kan dank. Ons het wonderlike getuienisse van God se goedheid in die verband!

Doen gerus die belegging in jou eie geestelike lewe (en in ons bediening) en skryf in op een van ons oulike kursusse. Op ons webruimte kan al ons kursusse se eerste dele gratis afgelaai word, sodat jy presies kan sien hoe dit lyk. Gebruik gerus die volgende skakels na ons kursusse toe:

1. Vir ons hoof-kursusbladkliek hier

2. Vir ons kursuspamflet vir 2017 (pdf): kliek hier

3. Vir 'n web-oorsig oor al ons kursussekliek hier

4. Vir inligting oor bydraes en ons finansiële model: kliek hier 

    

Kyk na dié drie kursusse

Ek noem net drie kursusse van belang:

1. Ons huidige vlagskip-kursus is Dissiplines vir die Meester. Dit gaan oor geestelike dissiplines, waarsonder ons eenvoudig nie kan groei nie. Vir meer inligting kliek hier

2. Ons "basiese" kursus is Geestelike Vorming, 'n dissipelskap-program oor 'n jaar, wat ons glo elke Christen behoort te doen - en honderde het al! Vir meer inligting kliek hier

3. Ons doen ook persoonlike lewensbegeleiding (life coaching), d.m.v. ons program KIES. Vir meer inligting kliek hier

Nou ja, BID asb. saam met ons vir reën vir die Wes-Kaap! Ons het hierdie krisis self geskep (sien ons kursus GroenGeestelik), maar moet nou vra vir die Here se genade. As daar nie besondere goeie winterreën kom nie, sal die stad volgende somer in 'n krisis wees soos nog nooit in die geskiedenis nie. Gelukkig is die Here almagtig en getrou - maar bid moet ons bid! Ons prys die Here ook saam met die res van die land, wat sommer goeie reëns kry, selfs in die somerreënval-gebiede.

Hou die geloof! En BAIE BAIE dankie aan elkeen wat ons help om te bedien soos ons doen. Dis al sewe en 'n halwe jaar dat die Here vir ons só voorsien. 

   

Jimi en Maryke

 

Bid asb. saam met ons:

  • Bid asseblief vir reën.  Omdat ons self besig is om ons klimaat te breek - dis waaroor dit hier gaan -  wonder ek regtig hoe om te bid. Ek is verby die punt dat ons net eenvoudig aanvaar God wil ALTYD NET reën gee (of net seën) en ons moet dit net glo. Wil God nie hê ons moet verstaan WAAROM  dinge verkeerd is (bv. in ons land en in die wêreld) en dit REGMAAK en ons BEKEER nie? Ons kan egter altyd bid vir genade, ter wille van Christus en die wat steeds getrou bly. Dis altyd Bybels waar - en dis deel van wat bekering is.
  • Bid asb. vir ons bediening. Sonder die Here se guns kan ons nie voortgaan nie, dis maar die lank en die kort daarvan. Bid ook vir ons persoonlik.
  • Kan ons saam met jou bid?

You need to be a member of jimileroux30 to add comments!

Join jimileroux30

Email me when people reply –