Forum 2.0

Maandelikse Nuus Nov 2018

 

Ons trek!
Goeiedag vriend! Ja, ons trek ook fisies na 'n ander huis toe - binne drie weke - maar ek bedoel eintlik dat ons Padlangs-lys tans oortrek na 'n nuwe diensverskaffer toe. Ons betaal in dollars en die vorige een het bloot te duur geword. Die oorgang het redelik glad verloop, alhoewel daar verskeie mense is - feitlik almal op gmail - wie se pos geblokkeer is. Duidelik word die nuwe afsend-adres nie deur sommige filters herken nie. Gelukkig het ons stappe in plek wat die situasie kan remedieer! Let asb. op:

  • Stel asb. weer ons dagstukkies as "Safe Sender" (asook ons domein @jimileroux.co.za). Dit behoort te verseker dat jy jou pos bly kry.
  • Baie se e-pos het in die Junk Folder gaan lê. Gaan soek asb. daar en stel dit as "Safe Sender".
  • As jy dit geheel en al nie kry nie, moet jy vir ons laat weet, dan sit ons jou op ons Addisionele Lys. Dagstukkies sal jy kry!

Onthou asb. ook om ons pos nie as spam te meld nie. Sommige kliek per ongeluk daarop as hulle wil afteken. Unsubscribe net op die skakel onderaan elke dagstukkie. Moet dit ook nie aan mense stuur wat dit nie wil hê nie, want daardie persoon merk dit dalk as spam en dan is JY ook sommer afgeteken! Stuur dit waar dit welkom sal wees!

Dan net die volgende
1. Onthou ons boek, Hou vas aan die Hoop of Hold on to Hope as die mooiste kersgeskenk. Jy kan dit ook per pos laat kom. Vir meer besonderhede, kliek hier

2. Ons oordenkings sal nog so 'n maand duur voor ons breek. Dis dissipelskap, onthou, en ons behartig tans die belangrikste feite oor Christus, verlossing en geloof. As jy die hele prentjie wil kry van wat die reeks behels, kliek hier.

3. Ons kursus, IN PRAKTYK, sal ook nog net enkele weke loop. Volgende jaar begin ons met 'n opwindende nuwe kursus, waaraan ek reeds begin werk het! Meer besonderhede daaroor volgende maand.

4. Dan dit: vriend, dis 'n geloofs-bediening. Ons leef van die bydraes van ons lesers en ondersteuners. Die meeste mense ondersteun deur een van ons vele kursusse te bestel, teen 'n klein bedrag per maand. Ander gee groter bedrae, soos hul kan. Dis deel van die sendeling se werk om sy fondse te genereer. Vir meer besonderhede, kliek hier.

Ten slotte prys ons die Here soos altyd vir sy seën en sy guns. Vir nege jaar leef ons al voltyds in hierdie bediening, na vele jare in gemeentes, en sien die troue Vader na ons behoeftes om. Wat 'n wonderlike voorreg - dankie Here!

Sal jy vir ons trekkery en voorbereidings vir 2019 bid? Baie dankie!

Mag jy, soos jy die pylvak van hierdie jaar binnegaan, alles kan insit om kláár te maak en mag jy daarna 'n welverdiende ruskans geniet. Mag die Here jou ryklik seën!

Jimi en Maryke

 
 

 

 

 
 

 

 

 

You need to be a member of jimileroux30 to add comments!

Join jimileroux30

Email me when people reply –