Forum 2.0

Maandelikse Nuus September 2017

  maandelikse nuus van jimi le roux

Nog 'n maand het verby gevlieg en dis weer tyd vir 'n kort woordjie van my kant af. Ja, ek kan dit self nie glo nie! Gelukkig is dit darem weer lente - 'n wonderlike gedagte! Hierdie keer wil ek net fokus op ons nuwe reeks oordenkings. Ja, ons huidige reeks, "Leef met 'n Lied", is oor - dit was vir my persoonlik wonderlik om weer deur die Psalms te werk en ons het ook baie briefies ontvang van mense tot wie die psalms ook gespreek het. Hoe het jy dit beleef? In elk geval, ons is reg om môre te begin met ons nuwe reeks: 

Nuwe reeks: Volg My

Nadat ons 'n tyd uit die Ou Testament gelees het - eers met "Belofte vir Vandag" (uit Jesaja) en toe "Leef met 'n Lied" (uit Psalms), keer ons nou na die Nuwe Testament terug. Ons nuwe reeks het meer die karakter van 'n kursus. Dis eintlik 'n dissipelskap-program - dag-vir-dag! Ons sal die wesenlikste aspekte bespreek van wat dit behels om 'n volgeling van Jesus te wees. Die temas sal nie net by die basiese bly nie, maar spoedig ook omvattend, en selfs uitdagend, raak! Om Jesus te volg is immers 'n saak wat ons hele lewe raak. Die reeks is ook in Engels beskikbaar as "Follow Me".  Maak seker dat jy hierdie hele reeks ontvang, want ons werk sistematies deur 40 belangrike temas! As jy nog nie self ingeskryf is vir ons oordenkings nie, is dit nou tyd om in te skryf.

 Geestelike Vorming

Ons nuwe reeks dagstukkies is gebaseer op ons kursus Geestelike Vorming, ons "basiese" kursus wat al deur honderde geneem is. Jy kan vir Geestelike Vorming ook inskryf en dit GELYKLOPEND met "Volg My" doen - die kursus en die dagstukkies vul mekaar aan.

  • Om meer te lees oor Geestelike Vormingkliek hier
  • Om meer oor ons vele kursusse te lees, kliek hier

 Ten slotte …

1. Onthou, ons het nou 'n oulike kredietkaartsisteem, wat jou in staat stel om maklik bydraes te maak tot ons bediening, ook van oorsee. Daar is natuurlik ook ander maniere. Kliek hier vir meer inligting hieroor. 

2. Die kursus wat die meeste van ons vennote tans kry is "Openbaring - 'n Ope Boek", waarin ons deeglik deur Openbaring werk. Op die oomblik kyk ons na die sewe dele waarin hierdie interessante boek uiteenval. Jy kan steeds hiervoor inskryf!

  • Kliek hier om meer oor te lees oor Openbaring - 'n Ope Boek.

 Nou ja - dis genoeg vir nou. Laat weet gerus hoe dit daar gaan - elke briefie word waardeer!

 Mag die Here jou ryklik seën!

 Jimi en Maryke

 

Bid asb. saam met ons:

  • Die groei van ons bediening is uit ons hande. Ons werk regtig hard, maar daar is geen sukses as die Here dit nie seën. Ons is dankbaar, maar ons bid konstant vir seën, vrug, opbrengs en groei!
  • Ons bid ook vir ons inkomste en finansies. Weereens: die Here se seën - anders is daar niks...
  • Ons bid dan ook vir ons persoonlike beloeftes.

You need to be a member of jimileroux30 to add comments!

Join jimileroux30

Replies are closed for this discussion.