Forum 2.0

Ons laaste nuusbrief - nuwe kursus!

Lees gerus ons laaste nuusbrief vir die jaar!

Die laaste nuusbrief van die jaar! Heelwat is al op vakansie, na aanleiding van die baie "Out of Office"-boodskappe wat ons dié tyd van die jaar kry! Ons sluit ook nou vir drie weke:

Padlangs sluit!

Ja, ons laaste oordenkings is reeds Vrydag, 15 Desember uitgestuur. Ons heropen weer op Maandag, 8 Januarie. 

Nuwe kursus: IN PRAKTYK

Ons het opwindende nuus vir die nuwe jaar. Ons nuwe kursus, IN PRAKTYK, skop dan af. IN PRAKTYK gaan oor alledaagse Christenskap, 'n Christelike leefstyl. Ons vra letterlik vrae soos:

  • Hoe eet en drink 'n Christen?
  • Hoe "baklei" 'n Christen in die huwelik (of by die werk)?
  • Hoe ry 'n Christen in die verkeer?

Ja, ons gaan praat oor drink en rook en bedelaars en seks en skuld en skinder en stres en vele, vele meer! Moenie dink die Bybel praat nie daaroor nie! O nee, die Bybel het baie te sê oor die "gewone lewe"! Ons gaan die Bybelse beginsels deurgee en dit dan sommer laai met praktiese wenke ook! Volledige inligting is hier beskikbaar: kliek hier

Ten slotte:

1. Ek gaan deur die vakansie voort om Woensdag-oggende 07:15 met Brian Owies te gesels op 93.4FM (Radio Namakwaland). Jy kan enige plek ter wêreld saam luister via hulle webruimte! Kliek hier.

2. Net oor Kersfees weer die volgende: daar is die gedagte onder sommige Christene dat Kersfees eintlik oorgeneem is vanaf 'n heidense fees en sulke dinge. Dis nie heeltemal waar nie - sommige elemente het vroeër 'n heidense betekenis gehad, maar die datum van Kersfees en die meeste elemente van die fees, bv. die boom, persente en selfs Kersvader het 'n heeltemal Christelike oorsprong. Lees gerus meer hieroor in my reeksie oor Kersfees (kliek hier) en vier Kersfees met vrymoedigheid, dankbaarheid en oorgawe!

3. Ons gaan in die vakansie voort om daaglikse plasings op Facebook te doen - as jy ons blad Like, sal jy dit ook op jou blad kry. Kliek hier.

Nou ja, vriende - ons groet. Ek kyk terug op die jaar met groot dankbaarheid! Die Here was getrou en goed vir ons. Ek wil ook VIR JOU baie dankie sê vir die voorreg om die geestelike pad saam met jou te kon stap. Mag die Here jou seën en bewaar oor hierdie dae en mag Kersfees vir jou 'n nuwe ontmoeting met Immanuel, God-met-ons, inhou.

Geseënde Kersfees en 'n Voorspoedige Nuwejaar!

Jimi en Maryke 

 

 

You need to be a member of jimileroux30 to add comments!

Join jimileroux30

Replies are closed for this discussion.