Forum 2.0

Padlangs deur die Lewe

- 'n dagboek met 366 oordenkings.

Toe die geleentheid kom om ons dagstukkies by CUM te boek te stel, het ek hierdie reeks gekies.  Die rede was dat dit lekker prakties is en baie oor die alledaagse lewe handel.  Die geestelike lewe is immers die gewone lewe - wat ons geestelik leef!  Dis mos in verhoudings, by die werk, in die verkeer, ens. waar jy 'n kind van God moet wees, nie net in die kerk of op jou knieë nie...  Die feit dat ek 'n lewensbegeleier is, het my ook in hierdie keuse gelei. Hierdie reeks gaan dus oor die VIER LEWENSDIMENSIES, soos volg:

1) 'n Verhouding tot God - die geestelike dimensie, met temas soos gebed, die Woord, geloof, die Heilige Gees;
2) 'n Verhouding tot ander - die sosiale dimensie, met temas soos liefde, diens, goeie maniere, jou woorde;
3) 'n Verhouding tot die wêreld - die fisiese dimensie, met temas soos geld, stres, grense, die aarde;
4) 'n Verhouding tot myself - die psigiese dimensie, met temas soos selfbeeld, identiteit, gesondheid en kreatiwiteit.

Ons staan vir omtrent 'n week by elke tema stil.  Ja, die Bybel het beslis iets te sê oor al hierdie dinge! Elke dagstukkie is net 200 woorde - in ons tipiese Padlangs (kort-en-kragtige) styl.  Ideaal vir 'n kort, daaglikse stiltyd vir oud en jonk!  DIt gee elkeen die kans om deur die jaar sy HELE LEWE in oënskou te neem aan die hand van die Woord.  Die motiverings agterop die boek is geskryf deur Stephan Joubert, Willem Nicol, Gary Kieswetter en Trevor Hudson. 

Hierdie pragtige hardeband-boek is tans nie meer op die rakke van CUM nie, maar kan nog aangevra word. Jy kan die boek ook by CUM aanlyn bestel (kliek hier

 

 

 


 

 

You need to be a member of jimileroux30 to add comments!

Join jimileroux30

Email me when people reply –