Forum 2.0

Padlangs Miniposters 2011

VERSTAAN TEENOOR VERTROU - 18 Aug 2011

Hier is die waarheid waarheen ek so dikwels terugkom...  God is groot - so groot dat Hy nie in my agtersak pas nie.  Ek kan Hom nie uit-figure nie.  Hy tree nie op soos ek Hom wil voorspel nie.  Ek het daarvan 'n spreuk gemaak - druk dit uit in kleur en  plak dit voor in jou joernaal, of in jou dagboek waar dit toepaslik is.  Kliek net op die prent en laat die browser dit oopmaak.  Regskliek dan en Save.  Dit lyk so:

IN U WIL IS EK VRY - 10 Oktober 2011

'n Besluit vir Jesus is 'n besluit vir SY WIL. Dit is oorgawe, kruis opneem.  In sy wil is daar vrede en 'n sinvolle lewe.  In sy wil leef ek die lewe waarvoor ek gemaak is.  In sy wil is ek vry.  Buite sy wil is daar geen vryheid nie - alhoewel dit so mag lyk - maar die bande van die sonde.  Dit is slawerny.  Dink daaroor... ek vertrou die o.s. sal help - plak dit in jou joernaal of dagboek.  Keer terug na sy wil!

IN MY SITUASIE - 31 OKT 2011
 
Dis so menslik van ons om pynlike situasies te probeer ontsnap.  Ons span al "ons geloof" in om die situasie weg te bid... nie waar nie?  Die Here is egter soms nie so haastig soos ons nie.  Soms moet ons eers die les van die seisoen leer, voor die seisoen sal eindig.  Dalk moet ons eerder die Here die doel van die seisoen vra.  Ek het 'n mini-poster daarvan gemaak.  Druk dit uit in kleur en plak dit in jou dagboek.  Dink daaroor en bid die Here vir die antwoorde - baie sterkte!

You need to be a member of jimileroux30 to add comments!

Join jimileroux30

Replies are closed for this discussion.