Forum 2.0

Padlangs Miniposters 2013

PRECIOUS PEARL - 22 Jun 2013

In ons laaste nuusbrief het ek verwys na ons Padlangs-vriendin Erna se pêrelwinkel daar in Wallis, en ook na die lied Precious Pearl van Scott Brenner.  Ek het 'n miniposter (A5) van die woorde gemaak - dis absoluut pragtig (ek praat nou van die lied en die woorde).  Jy kan dit aflaai en uitdruk vir jou dagboek, joernaal, aansteekbord of waar ook al.  Lees dit aandagtig, asook Mat 13:45-46, waarop dit gebaseer is en gaan bepeins - is U vir my soos daardie kosbare pêrel, sal ek alles verkoop om U te verkry in my lewe?

DIE WYSHEID VAN JESUS CHRISTUS - 31 Okt 2013

Ons is steeds besig met ons reeks "Padlangs met Wysheid" en het nou die wysheid van Jesus bestudeer.  Wat 'n hoogtepunt! Ek het die 8 wysheidsbeginsels van Jesus, wat ons bespreek het, opgesom en op 'n mooi A5-miniposter gesit.  As agtergrond het ek Jesus se gesig gebruik - die weergawe soos dit oorgeneem is vanaf die Turynse Kleed.  Dit is vir my 'n baie meer waardige voorstelling van Jesus as meeste ander en het darem 'n historiese motivering (nie dat ek my hier oor die Turynse Kleed uitlaat nie).  Van al die voorstellings van Jesus is dit vir my die mooiste en egste. As jy wil kan jy op die internet soek by Face of Jesus Turin Shroud.

10 CHRISTUSBEGINSELS (VAN PAULUS) - 13 Sep 2013

In ons dagstukkies (2013 - Padlangs met Wysheid) is ons tans besig met die wysheid van Paulus.  Ons vraag was na die beginsels wat Paulus vir sy lidmate leer.  Hulle was naamlik heidense Christene en Paulus wil hulle nie die Wet van Moses leer nie - hulle was nie Jode nie.  Trouens, Paulus is skepties oor die wet.  Hy leer hulle eerder dat geloof die pad na God is.  Daar is sekere beginsels waarna Paulus die hele tyd terugkeer, en ons het 10 van hulle bespreek (kliek hier vir die dagstukkies: 8/2624-8/2634).  Dis die belangrike dinge in sy denke.  Dis die dinge wat hy wil hê in die Christene se hart moet wees as hulle vra hoe om te leef, hoe om te kies.  Dis vir ons ook baie belangrik. Ek het die 10 beginsels op 'n mooi grunge agtergrond gesit.

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Replies are closed for this discussion.