Forum 2.0

Padlangs Muurpapier 3

#6 KAROOWINTER (Jun 2014)

Deon Meyer, SA skrywer van misdaadboeke, is ook 'n fantastiese fotograaf - of hy het 'n kamera wat skrik vir niks.  Ek sien wel Photoshop is maar redelik ingespan om met die kleure van sy fotos te toor, maar hei, dis wat almal vandag doen - en hoekom nie, die uitkoms is fantasties.  Kyk self op sy webruimte by www.deonmeyer.com/wallpapers.  Ek glo dis oukei as ek met volle erkenning aan hom en sy deugde een van sy foto gebruik om 'n Padlangs Skerm-agtergrond (oftewel Wallpaper -  ek soek eintlik 'n beter woord vir dit) te maak, alles gratis, geen geldmakery daaruit nie...  Ek is dan self ook 'n fan, wat al verskeie van sy boeke gelees het.  Ek het 'n foto gesoek van 'n Karoo winter (wou eintlik 'n pragtige Vrystaat knarswit-winteroggend gebruik het, maar vra dit nou in groot formaat vir die Google-masjien...) - en hier is die mooistes ooit.  Dit wat betref Deon - skrywer, inwoner van Loxton, motorfietsryer, kookboekskrywer, kunsfotograaf... kom ons wees reguit: ek is so jaloers ek kan bars.  Daar's hy.  (Het ook 'n goeie kamera, maar sukkel nog met die settings, en die mooi prent voor my oë en die klein-klein prentjie in die viewfinder match net nooit op nie).

In elk geval, emosies uit die weg geruim, ek het NP van Wyk Louw se mooi gedig Winter daarop geplak, ons eie besonderhede en aanbevelinkies bygedoet en is hoogs tevrede met die resultaat.  Dit is mooi, né?

Laai dit gerus af vir jou rekenaar.  Daar is twee weergawes:

  • vir die standaard rekenaarskerms, probeer hierdie een (1280x1024): kliek hier
  • vir die breër skerms van o.a. laptops, probeer hierdie een (1366x768): kliek hier (dis die een hierbo)

Kliek net op die skakel, laat jou webblaaier (die program waarin jy nou is) dit oopmaak, regskliek daarop en Set as Desktop Wallpaper, so iets.  Hoop dit werk.  Kan ongelukkig nou nie al die moontlike groottes maak nie (weet nie wat dit is nie!)

Geniet dit!

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Replies are closed for this discussion.