Forum 2.0

Padlangs Muurpapier 1

#1 PADLANGS IN DIE SNEEU (Aug 2009)

#2 STRAND SONSONDERGANG (Jul 2011)

Andrea het hierdie sonsondergang op Melkbaai hier in die Strand geneem op 6 Mei 2011. Ek het dit geresize na 1280x1024 en die bewoording bygevoeg. Jy is welkom om dit af te laai en as muurpapier te gebruik!

#3 AFRIKA-VREUGDE (Jun 2012)

Joan Grobler het, na sy Liturgie vir die Lewe gedoen het, vir my 'n pragtige gebed aangestuur uit Wes Afrika - so vol blydskap...  Ek haal dit hieronder volledig aan.  Ek wou 'n mini-poster daarvan maak, maar die gebed was daarvoor net te lank.  Ek het toe eindelik 'n kleiner uittreksel gemaak en 'n muurpapier vir die rekenaarskerm gemaak.  Dit gaan oor 'n nuwe dag.  Ek het 'n foto gebruik wat nog die donker van die nag wys, met die son wat oor die horison breek. Ek dink dis gevoelvol en pragtig - die vers en foto - kyk hieronder.  Jy kan dit in 'n sekonde of wat aflaai en installeer - die formaat is 1280x1024.

Vol van God se blydskap.

Here God, ek het vanmôre vreugde aan die lewe; ek dank U vir hierdie dag.

Ek gooi my vreugde in die lug op -- soos voëls,

want die nag het weggefladder en ek verheug my oor die lig.

U son het die dou weggebrand van die gras en die donker uit my hart verdryf.

Daarom is die woorde wat vanoggend uit my mond kom, net vreugde en dank.

Here, ek is vanmôre vrolik. Die voëls en die engele sing, en ek sing ook.

Die heelal staan bakhand vir u genade, en my hart ook.

Die son skyn op my lyf en ek dank U daarvoor;

die branders breek op die strand, dankie daarvoor!

Here, ek verlustig my in u skepping, want U is daarin

en daarbo en daaragter, en ook in my.

Ek is gelukkig, Here -- bly, bly, vol van u blydskap!

Here, ek gooi my vreugde soos voëls in die lug in op.

'n Nuwe dag gaan singend oop;  dit tjirp en kwetter van u liefde.

U genade skitter elke uur.  Halleluja, Here! Amen.

 'n Gebed uit Wes - Afrika (Groot Gebedeboek - Lux Verbi)

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Replies are closed for this discussion.